Terroris 25 jaar tronk toe

Chrysanthemum bouquet (mourning image)

Die terroris, Desmain Clark Adams (20) wat die gewilde onderwyseres van Warmbad, Lindie Bosch-Jansen (35) vroeër vanjaar vermoor het, is vir 25 jaar tronk toe gestuur.

Adams het vroeër in Desember skuldig gepleit weens die moord op Bosch-Jansen (35), asook op aanklag van roof met verswarende omstandighede.
Die moeder van die oorledene, Anne O’Neill Hoffman, sê “geregtigheid het geskied. Dit sal Lindie nooit terugbring nie, maar die gemors is van die straat af”.
Adams het Bosch-Jansen in Oktober met ’n mes in haar bors gesteek. Haar twee seuns, Jay-Dee (10) en Juwan (7), het gesien hoe hul ma met die mes gesteek word.
Adams het toe hy skuldig gepleit het aan die hof gesê hy het ’n Garmin GPS-toestel wat in Bosch-Jansen se motor was, gesteel. Sy het hom glo op heterdaad betrap en dit is toe dat hy haar met die mes gesteek het.
Lede van die buurtwag en die polisie het Adams kort ná die voorval aangekeer. Hy het sy een arm beseer toe hy oor lemmetjiesdraad gespring het. Die GPS is by hom gekry.
Adams het aan die polisie gesê hy het die GPS gesteel om geld te kry sodat hy ’n dwelmhandelaar kon betaal.
Adams is in Augustus 2014 aan roof skuldig bevind. Hy is ’n boete van R3,000 of 12 maande se tronkstraf opgelê, wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is.
Dié vonnis is in ag geneem tydens vonnisoplegging weens Bosch-Jansen se moord.- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!