Tesourie ontbloot endemiese tender-bedrog

corruptionLuidens die Nasionale Tesourie, besef min hoe diep die ‘Gupta-benadering’ in ons staatsbesteding wortel geskiet het.

Enkele kontrakte wat hersien is dui op bykans endemiese oorbesteding vir goed en dienste, wat nou as tiperend van die Gupta invloed geskets word.

So byvoorbeeld het die Departement van Korrektiewe Dienste ´n kontrak aangegaan het van meer as R 300 miljoen, vir dienste met ´n waarde van hoogstens R 50 miljoen.

Hierdie skok-onthulling is in die parlement gemaak deur Kenneth Brown, die staat se Hoof Verkrygings Beampte.

Dit blyk uit sy verslag voor die Staande Komitee op Openbare Rekeninge dat selfs die laagste tender, deur die firma wat voorheen die dienste verskaf het, buitensporig hoog was – sowat R 90 miljoen vir R 50 miljoen waarde.

Voorts het die staat sy eie IT-instansie, SITA, wat luidens berigte nóg die werk kan doen van IT-verskaffer, nóg deur die DKD geken is in die nuwe kontrak soos vereis word.

Wat is dus die bestaans-regverdiging van SITA?

´n Finansiële kenner met wie Die Vryburger gesels het, meen dat ofskoon openbaarmaking van situasies soos hierdie broodnodig is, is hierdie toedrag van sake niks nuut nie – dit gaan reeds dekades lank so en is net tot uitspattige hoogtes gevoer onder die nuwe regime.

Om dus die probleem nou gerieflikheidshalwe aan “Gupta” te koppel, is misleidend – sekerlik die grootste aankope-skandaal was die wapen-fiasko, waarby almal van Mandela tot die openbaar-skuldiges gebaat het.-Vryburger

Enjoyed this post? Share it!