Honderde groot Swart Orania’s word ontbloot – die meerderheid mense in SA is skynheilige anti-wit rassiste

Soos baie volksmense het ons genoeg gehad van die aanhoudende kerm, huil en vingerwysing vanuit liberale en swart geledere oor Orania, en na die onlangse indringing van EFF lede in Orania om nuus sensasie en naam vir hulself te lok, het ons besluit om hul aantygings te toets…

SAUK Nuus het bietjie navorsing gedoen en het honderde enorme Swart Orania’s ontdek wat bewys dat die meerderheid mense in SA skynheilige anti-wit rassiste en hipokriete is wat swart oorheersing aanhits.

En sjoe was ons geskok met die mate van swart oorheersing en selfbeskikking wat al bereik is deur swartes.

In minder as ‘n uur het ons dosyne dorpe en selfs hele munisipaliteite gevind met ‘n meer rasegte bevolking as Orania! Maar natuurlik met swartes as die oorheersende en soms totale demografie. Ons het die syfers vanaf Wikipedia gebruik, wat die syfers van die 2011 sensus toon. Met die neiging na swart bevolking wat skerp groei teenoor ‘n blanke volk wat skerp daal, is hierdie syfers beslis konserwatief.

Ek kan net my kop in ongeloof skud en vra waar de duiwel is die pers in SA? Te besig om joernalis te speel as om een te wees… rolspelers wat van vergadering na vergadering en hotel na hotel rond slenter. Ons kan so iets verwag van Naspers en Cape Times, die ANC regering se troeteldiere, maar hierdie syfers lê al oor vyf jaar rond vir almal wat ‘n volksvegter is om te sien…

Mens kan nou direk vir Danny Jonas van EFF sê hy is ‘n hipokriet en ‘n uit en uit rassis en volksmoordenaar. Die meerderheid in Suid Afrika kan nou, met bewyse, as hipokriete uitgewys word, selfs al daai wannabe hoernaliste wat so graag Orania wil aanvat om naam vir hulself te maak…

Die hele Albert Luthuli Munisipaliteit is ‘n spieëlbeeld van Orania sover as wat demografie aanbetref, net omgekeer, MAAR ons praat van 186,000 bevolking teenoor Orania se skamele 1,500 – meer as 100 KEER GROTER groter! Hulle swart bevolking is 97.6% swart waar die klein Orania dorpie 97.7% blank is.

OraniaSwartOrania2

 

Die ganse Mkhondo Local Municipality is maar net 2% van daai uitstekende kerf af en ander in Mpumalanga is ook maar net enkele persentasie punte van die kerf vir ‘n swart homogenese Munisipaliteit.

Thembisile Hani Local Municipality presteer nog beter as dit, met ‘n bevolking van 310,500 waarvan 99.2% swart is! Amper daar, nog net ‘n bietjie meer “transformasie” kamerade…SwartOrania3

Pixley ka Seme Local Municipality, genoem na die stigter van die einste ANC, Pixley ka Isaka Seme (wie het ooit van hom gehoor?), is ook maar net 6% van Orania se syfer af. Inderdaad die ganse Mpumalanga provinsie is slegs 6% punte van Orania se demografie bevolking af.

Diepdale, met ‘n bevolking VIER KEER GROTER as Orania is 99.5% swart en het nie ‘n enkele blanke nie.

SwartOrania5

Maar nog ‘n uitmuntende prestasie as dit hierbo, is rasegte dorpe soos Manaar en Hartebeeskop wat nader aan twee keer groter as Orania is, en 100% swart is! Nie ‘n enkele Indiër, Kleurling of Blanke nie! Selfs Orania kan nie met so ‘n perfekte ras egtheid spog nie. Knap gedaan. Sowaar swart “Nazi” dorpe as mense soortgelyke vingerwysing na Orania herhaal en oordra in hul rigting…

Swartorania1

Swartorania4

Natuurlik sal daar die verdediging uitgespoeg word dat blankes welkom is om in die swart dorpe te gaan woon, maar is hulle? Net soos daar aantygings is dat Orania nie swartes verwelkom nie, kan presies dieselfde gesê word oor hierdie swart Orania’s. Eerstens nuwe blanke inwoners sal gou geteiken word vir alle tipe van rassistiese aanvalle en sal in ‘n kasteel van staal moet woon. Tweedens, Europeërs het ‘n totale verskillende kultuur van individualiteit en die prinsiep van beloning vir meriete. Vir seker die Afrika konsep van omkopery en korrupsie word deur meeste blankes as onwettig beskou. Blankes is beslis nie welkom om in van die dorpe te gaan woon en werk nie met BEE en regstellende aksie. Europeërs verkies dat geregtigheid geskied en neem nie maklik die wet in eie hande nie, soos ons dikwels in swart woonbuurte sien waar mense sommer met ‘n “winnie mandela necklace” vermoor word sonder verhoor. Ons praat nie eens van die aanbidding van voorvaders en toordokters nie…

Daar is absoluut geen poging deur die regering en swart volk om blanke volk te akkommodeer of te verwelkom nie, die keuse is bloot: laat ons jou assimileer, gooi weg jou erfenis en word een van ons, of jy en jou leefwyse en kultuur is nie welkom nie.

Hoe moet Europeërs die township leefwyse kan volg? As een buurman ‘n nuwe TV kry, maar niemand anders het een nie, word dit gevat of gebreek. Sommige swart mans hou byvoorbeeld 7 vrouens aan, elk in aparte huise, en spandeer een dag ‘n week by elke vrou waar hy gevoer en geteel word. Die ander 6 vrouens is onder die indruk hy soek werk êrens… Dit is kranksinnig – blankes mag nie eens wettiglik meer as een vrou trou nie, so selfs die wet verhoed blankes om in swart dorpe te gaan integreer.

boos

Die aanhoudende aanslagte teen Afrikaans en “White Money Capital” is meer as genoeg bewys dat glad nie ‘n bloue duit omgegee word vir Afrikaner of selfs Europees leefwyse nie. Maar as dit by BMW’s, bling, lang hare en luukshede kom, assimileer swartes hulself sommer gou in Europees kultuur in.

Die stroom loop sowaar sterk in een rigting en dit het, en gaan, ons oorstroom tensy ons nie begin om damwalle te bou of die stroom se rigting so bietjie bietjie verander nie.

Kom ons bou ons eie dorpe soos die swartes, wat ware diversiteit verdedig wat die voortbestaan van die mensdom self  verseker. Ons gebruik volkseie arbeid soos hulle maak. Ons volg hul voorbeeld en eis ons kulturele en geskiedkundige reg om te bestaan. As iemand vinger wys na Orania, noem net Albert Luthuli Local Municipality, Manaar, Hartebeeskop, Diepdale, Lochiel, Dundonald, Lebohang, Thembisile Hani Local Municipality. ens. ens.

Ons gaan ‘n databasis opbou en hou van alle dorpe en munisipaliteite wat die Orania kerf oorskry. Maar ons het nie die mannekrag of diepsakke soos ander sogenoemde volksvegters en Afri-Sol’s nie, so kyk asb. na U plaaslike demografie en as dit meer as 97% swart is, stuur asb. na ons by nuus @sauk.co.za

Dit is nie te sê dat ons ontsteld is oor die syfers nie. Inteendeel, ons is heel gelukkig oor hierdie bewyse dat selfs met die ontsettende wêreldwye, politieke en kommersiële druk van geforseerde integrasie en transformasie, asook die biljoene wat op multikulturisme, en die promosie daarvan, spandeer word op TV en in die massa media, het die natuurlike patroon van soort soek soort sterk deurgeskyn, selfs deur die aanhangers van die valse ideologieë.

“Birds of a feather flock together and poop on world supremacist communists”.

Don Deon

10153892_275680099276521_6453602666104690346_n


Sien ook: EFF val Orania vriendelik binne


 

Enjoyed this post? Share it!