Tiramisu- koek

Lewer 1 koek
Bereiding: 15 minute
Baktyd: 30 minute

Koek
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
1 ml (¼ t) koeksoda
1 ml (¼ t) sout
150 g botter of margarien
250 ml (1 k) suiker
3 eiers
1 eiergeel
7 ml (1½ t) vanieljegeursel
180 ml (¾ k) karringmelk
Stroop
200 ml gouestroop
20 ml (4 t) koffielikeur
30 ml (2 e) kitskoffie
Vulsel
3 boksies vanieljekitspoeding
500 ml (2 k) melk
500 ml (2 k) room
10 ml (2 t) vanieljegeursel
sjokolade soos kit kat vir versiersing

Voorverhit die oond tot 180 °C Smeer 2 panne van 23cm elk

  1. KoekSif die droë bestanddele saam.
  2. Verroom die botter of margarien en suiker saam tot lig en romerig. Klits die eiers en eiergeel een vir een by. Voeg
  3. die vanieljegeursel by.
  4. Vou die droë bestanddele en karringmelk om die beurt by die eiermengsel in. Verdeel die mengsel tussen die twee voorbereide panne en bak 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer uit en laat afkoel.
  5. StroopVerhit al die bestanddele saam tot die stroop gesmelt het. Giet oor elke koeklaag.
  6. VulselKlits al die bestanddele behalwe die sjokolade saam.
  7. Plaas ’n koeklaag op ’n dienbord, skep van die vulselbestanddele in ’n spuitsak en spuit die helfte van die vulsel oor plaas die ander koeklaag bo-op en spuit die res van die vulsel oor. Krummel die sjokolade rofweg bo-op.
Bron – Deur Huisgenoot Digitaal op Mei 15, 2015

 

Enjoyed this post? Share it!