Tokai-moord: 2 uit op borgtog

franciskaTwee van die beskuldigdes is die Franziska Blöchliger-saak is op borgtog vrygelaat.

Franziska (16) is in Maart in die Tokai-woud in Kaapstad verkrag en vermoor toe sy gaan draf het.

Landdros Hafiza Mohamed het gesê die staat se saak teen die twee, wat ’n formele borgtogaansoek gebring het, is swak.

Een is op R2 000-borgtog vrygelaat en die ander op borgtog van R1 000.

Die erns van die misdaad is van so ’n aard dat die beskuldigdes buitengewone omstandighede moet bewys waarom hulle vrygelaat moet word.

Mohamed het beslis die staat se saak is nie sterk genoeg om die twee met die misdaad te verbind nie.

Die ander twee het hul borgtogaansoeke onttrek. Een van hulle is deur DNS aan die toneel verbind.

Hulle het nog nie gepleit nie.

Die saak gaan voort op 10 Junie.

– News24

Enjoyed this post? Share it!