Top media man in Johannesburg vermoor

‘n Top kundige in die advertensie- en mediabedryf, Gordon Patterson is in Johannesburg vermoor.

Talle mense het hulle medelye en hartseer op sosiale media gedeel, al is die presiese omstandighede omtrent sy dood nog nie duidelik nie. Sommige mense bespiegel dat hy in sy oprit doodgeskiet is tydens ‘n kapingspoging.

Die polisie was ook nog nie in staat om te bevestig hoe Patterson dood is nie.

Hy was op die raad van die ouditburo vir sirkulasie en was die onder-voorsitter van die media advertensie vereniging van Suid-Afrika.

Patterson het in April 2000 die media en advertensie SMV Group in Suid-Afrika gestig.

Foto – Gordon Patterson

Bron:Vryburger


Enjoyed this post? Share it!