Top “polisie” word nou opgeroep deur Mbalula

Die minister van polisie het sowel 600 lede van die sogenaamde Nie-Statutêre Magte (NSM) opgeroep het na ‘n vergadering eerskomende Vrydag.

Die doel van die vergadering is om bevorderings te bespreek en vrese bestaan dat Mbalula diesulkes se lojaliteit wil “koop” voor die Desember ANC verkiesing asook die 2019 verkiesing.

Die oproep sluit ook lede van die Valke en streek en provinsiale kommissarisse in.

NSF lede is polisiebeamptes van die voormalige terroristebewegings, wat deesdae “bevrydingsbewegings” genoem word en wat geïntegreer is in die SAPD.

Mbalula se segsman het op navraag gesê dat die vergadering deel is van die voortgaande proses om vorige Umkhonto we Siswe en Azanian Liberation lede te integreer in die SAPD.

Daar was in Januarie die jaar reeds sprake van die bevordering van “terroriste” wat deur die kabinet en parlement goedgekeur is en beskryf is as “payback for pals”.

Baie van dié persone doen diens in die berugte Blouligbrigade en het nie die nodige opleiding of vaardighede om werklike polisiediens te verrig nie.

Hierdie skuif word gesien as die vorming van ‘n groepering rondom Zuma en sy volgelinge.


Enjoyed this post? Share it!