Tradisionele leiers in SA word mildelik vergoed met belastingbetalers se geld

Zuma het al weer  ’n salarisverhoging vir tradisionele leiers, konings en koninginne goedgekeur wat deur die ANC regime gesubsidieer word.

Bogenoemde inligting het onlangs in die staatskoerant verskyn.  Daar word gestipuleer dat tradisionele leiers  ’n salarisaanpassing van tussen 4,5% en 8% vir die 2018 finansiële jaar sal ontvang waarvoor die belastingbetalers moet opdok.

  • ʼn Koning/koningin sal ʼn salarisaanpassing van  4,5 %  kry en ʼn salaris van R1 176 730 per jaar verdien.
  • ʼn Provinsiale tradisionele leier sal R1 082 592 per jaar ontvang.
  • Senior tradisionele leiers sal ʼn salarisaanpassing van 8% kry en dus R246 942 per jaar ontvang.
  •  Voormans en -vroue sal ook ʼn 8%-salarisverhoging geniet en R106 106 per jaar verdien.
  •  ʼn Voorsitter van die nasionale huis vir tradisionele leiers (NHTL) sal ʼn 5%-verhoging kry en dus R858 734 per jaar ontvang.
  •  ʼn Voltydse voorsitter van die provinsiale huis vir tradisionele leiers (PHTL) sal ook ʼn 5%-verhoging ontvang en dus R707 284 per jaar kry.
  •  Voltydse adjunkvoorsitters van die NHTL sal ook ʼn 5%-verhoging ontvang en R656 800 per jaar in die sak steek.
  •  Voltydse adjunkvoorsitters van die PHTL sal ook ʼn 5%-verhoging ontvang en R606 145 verdien.
  • ʼn Voltydse lid van die NHTL-leiers sal R378 339 verdien terwyl ʼn voltydse lid van die PHTL R324 317 per jaar sal verdien.
  • Deeltydse lede van die NHTL sal ʼn toelaag van R1 388 verdien terwyl deeltydse lede van die PHTL R1 151 sal ontvang.
  • Deeltydse voorsitters van die PHTL sal R1 651 ontvang terwyl deeltydse adjunkvoorsitters ʼn toelaag van R1 485 sal ontvang.

Deeltydse lede is, behalwe vir die toelae, ook geregtig op hul salarisse as tradisionele leiers. Hulle mag ook redelike lewens- en vervoerkostes eis vir die bywoning van amptelike vergaderings, seminare, werkswinkels en konferensies.


 

Enjoyed this post? Share it!