Trotse Boer en sy perd, Dapper, op rit van 7,777 km na 147 dorpe om ons Boervolk aan die lewe te hou.

Ter nagedagtenis van ons strewe na Vryheid en Reg, en om die wat in geregtigheid glo, te versamel in Oktober, het die Trotse Boer Werner en sy perd Dapper weggespring op 17 Januarie 2017 vanaf Kuruman, op die XL – Geregtigheids Kommando Rit wat strek oor ‘n roete van 7,777km, deur 147 dorpe gaan, en afgelê gaan word in 12 Maande.

Doel van die rit:
1. Die Kommando gaan elke Konsentrasie kamp kerk hof in Suid Afrika te perd besoek.
2. Om die volksmoord te erken, wat veroorsaak het dat ons die minderheid op ons erfgrond geword het.
3. Om bewustheid onder ons Volk te bring oor waar ons vandaan kom, en die vele lewens wat as slagoffers moes dien vir die “Empire” se geldsug en haat.
4. Om perde kommandos in elke dorp/streek op die been te bring, om vir ‘n dag of twee saam te ry.
5. Om bloodstelling te gee vir ‘n algehele volksvergadering te Lichtenburg aan die einde van die rit op 13 Oktober 2017

 

16179696_904968199605666_3516698164021904671_o

Hier is die voorlopige datums en dorpe vir die volgende paar weke.

Dins 24 Jan – Mafeking
Woens 25 Jan – Ottoshoop
Don 26 Jan – Zeerust
Vry 27 Jan – Groot Marico
Maan 30 Jan – Swartruggens
Dins 31 Jan – Koster
Vry 03 Feb – Rustenburg
Woens 08 Feb – Maanhaar rand
Don 09 Feb – Hekpoort, Skeerpoort en Kosmos.
Sal tye van aankoms bekend maak soos ons vorder.

16178680_902913356477817_6413001910093428847_o

16179053_902911203144699_7897467182405493762_o

Met weemoed in my Boere hart
Trane vol van smart…

Kyk ek oor witte graffies heen,
En hoor die moeders ween…

Te veel is daar ge-offer hier,
Nou net name teen die muur…

Met grasse oor ons erfinis.
Waar Boer geliefdes rus…

Met bitterheid in Boere stryd
Pleit ek.. Geregtigheid…

My volk het hier met als betaal
In kampe van draad en staal…

Vir so lank ons dit nie wil erken
Sal die vyand aanhou wen…

16251844_906900266079126_7451579605966510705_o

 

Baie dankie vir almal se belangstelling en ondersteuning
Boereliefde en groete.


Sien ook: Jong Emily Hobhouse loop in boereheldin se spore


 

Enjoyed this post? Share it!