Trotse tegniese hoërskool in Bloemfontein verval tot ‘n nes van jeugmisdaad

‘n Tragedie is besig om by HTS Louis Botha in Bloemfontein af te speel, waar ‘n eens trotse tegniese hoërskool verval tot ‘n nes van jeugmisdaad met min of geen dissipline. Die kern van die oorsaak is dat die skoolbeheerliggaam deur swart mense oorgeneem is, wat in so ‘n swak verhouding met die personeel verval het dat grootskaalse wetteloosheid onder leerders die gevolg is.

Een van die opspraakwekkende voorvalle wat hieruit gevolg het, is dat drie seuns ‘n veertienjarige skoolmeisie op die skoolterrein verkrag het en ‘n video daarvan gemaak het wat op sosiale media versprei is. Die skuldiges is toegelaat om met hul skoolgaan voort te gaan, tot groot trauma vir die meisie en haar ouers.

Die vorige skoolhoof, Ivan Stevens, het op vervroegde aftrede gegaan nadat hy in Bloemcare beland het vir sielkundige behandeling oor spanning by die skool. Die waarnemende skoolhoof Willie van Tonder is met borskaspyne in ‘n Bloemfonteinse hospitaal opgeneem, ook as gevolg van spanning by die skool. Hy was egter verlede Donderdag weer op sy pos, maar sy selfoon is van sy lessenaar gesteel.

Intussen het die SA Onderwysersunie (SAOU) by die Vrystaatse Hooggeregshof aansoek gedoen dat die Vrystaatse Dept. van Onderwys die beheerliggaam van HTS Louis Botha summier ontbind en ‘n nuwe liggaam met ander lede aanstel, tot en met die verkiesing van ‘n nuwe beheerliggaam in 2018. ‘n Terugslag het die skool ook getref toe een van sy grootste sportborge, Kia Motors, summier onttrek het. Die skool het deur sy rugby-ontwikkelingsprogram topspelers opgelewer, waaronder die Springbokke Oupa Mohoje en Raymond Rhule.

Deur: Ditsem Nuus


Enjoyed this post? Share it!

 
  • Victor Coetzee

    everything they touch turn to shit