Turkselekkers Roomys

Turkselekkers Roomys

turkselekker roomys

Natasha Venter van Pretoria is dol oor roomys en sy beproef gedurig nuwe geure wanneer sy dit maak.

LEWER 1,5 L
Bereiding: 25 min.
Vries: oornag

500 ml (2 k) room
1 kg witsjokolade
500 ml (2 k) dikroom-jogurt
15 ml (1 e) gerasperde suurlemoenskil
300 g Turkse lekkers, middeldeur gesny

  1. Voer ’n groot broodpan met kleefplastiek uit – laat genoeg by die rande uitsteek sodat dit die bokant van die roomys sal bedek.
  2. Verhit die room, sjokolade en jogurt in ’n swaarboomkastrol oor lae hitte tot die sjokolade gesmelt is en effens gekaramelliseer het. Verwyder van die hitte en laat in die yskas afkoel.
  3. Klits die koue sjokolademengsel 15 min. met ’n elektriese klitser tot dik en romerig.
  4. Vou die skil en Turkse lekkers in en skep die mengsel in die bereide broodpan.
  5. Plaas dit oornag in die vrieskas tot gevries.
  6. Wanneer gevries, verwyder uit die broodpan, haal die plastiek af, sny in skywe en sit voor.

Deur Huisgenoot Digitaal op Maart 18, 2015

Enjoyed this post? Share it!