Tyd dat ONS SA boikot? Is die kanker te diep en noodlottig?


Vanaand kyk ons na onder andere artikels wat nie altyd in die algemene media verskyn nie en wat verskillende groepe sê

Artikel 1

TLU SA nooi eind verbruikers om aan te sluit

In ‘n ope brief nooi die TLU SA verbruikers om met boere hande te vat en by dié organisasie aan te sluit. Die TLU SA is diep bekommerd oor ingryping van owerheidsweë wat kosproduksie in SA benadeel.

‘n Ope brief aan die Suid-Afrikaanse verbruiker:
Het jy al geëet vandag? Bedank dan die boer en sy plaaswerker, want sonder die boer is daar geen kos, en sonder kos is daar geen toekoms. Natuurlik mag ons Hemelse Vader se voorsiening nie uit die oog verloor word nie.

Kan u nog onthou waar die melk oor die pap en in die koffie vandaan kom? Of die vleisie wat so sissend braai op die kole as Wêreldbeker-rugby gekyk word?

Inderdaad kom dit uit die yskas van ‘n winkel. Maar dis nie waar alles begin nie.  Dit begin op ‘n plaas, waar ‘n boer en sy werkers lang ure in wind en weer en versengende sonskyn moet werk om daardie produk só te kry dat u as verbruiker daarmee tevrede kan wees en dit kan geniet.

Ons boere is positiewe mense. Hulle boer omdat hulle wil boer, en omdat dit vir hulle bevrediging gee as u as verbruiker hulle produkte geniet. Boere hou daarvan as hulle positiewe wenke van die verbruiker kry oor hoe om hulle produk nóg beter en nóg smaakliker te maak. Trouens, daar word jaarliks miljoene rande in landbou-navorsing belê juis om seker te maak dat die produsent, die boer, altyd ‘n stappie voor is sodat u as verbruiker juis tevrede moet bly.

Waarvan die boer egter nie hou nie, is wanneer hy bedreig word. Sy grond en sy plaas is sy trots, al is die verband daarop nog byna onhanteerbaar hoog. Baie van die grond het lang familie-geskiedenisse. Geslagte boere en plaaswerkers het daar gekom en gegaan, saam swaar gekry, en saam gejuig oor elke suksesvolle oes.

Nou is daar mense buite die landbou wat vir die boer wil vertel wat met sy grond moet gebeur. Daar is ‘n regering wat ‘n beleidsomgewing skep wat dit vir boere ál moeiliker maak om voort te gaan met hul besigheid.  U as verbruiker het seker al gehoor van terme soos “grondhervorming” en “transformasie” as daar oor landou en voedselvoorsiening gepraat word? Hierdie is wesenlike bedreigings wat boere tans in die gesig staar.

Helaas gaan hierdie bedreigings nie net beperk bly tot die landbou-gemeenskap nie. Onlangs was daar groot gewag in die media gemaak van ‘n grondeis aan die oostekant van Pretoria wat ook groot dele van die stedelike gebied ingesluit het. Dit was nie die eerste keer dat stedelinge deur sodanige eise geteister is nie, en die verwagting is dat dit ook nie die laaste een was nie. Grondeise kan weer ingedien word tot 2019 en waarskynlik gaan nie-landbougrond ook erg daardeur geraak word.

Dit is nie net die eiendomsreg van elke grondbesitter wat op risiko geplaas word nie. Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika definieer eiendom ook as roerende eiendom. Dit sluit die boer se trekker in, maar ook u as verbruiker se voertuig. Die TLU SA probeer altyd verantwoordelik wees, en daarom wil ons nie nou die bobbejaan agter die bult gaan uithaal en beweer dat elke voertuig van elke verbruiker nou bedreig word nie. Maar die beginsel van private besitreg is in gedrang, en daardie beginsel moet aangespreek word. Voedselprodusente en voedselverbruikers behoort hierin saam te staan en saam te werk ten einde hierdie gevaar en onsekerheid af te weer.

Wanneer daar gepraat word van grondhervorming en transformasie in die landbou-omgewing, het dit ‘n uiteindelike uitspeel-effek na die hele gemeenskap. Ons boere produseer voedsel vir alle nagenoeg 60 miljoen mense in die land, en in goeie tye voer ons selfs uit ook. Grondhervorming sedert 1994 het al getoon dat waar die ideologiese grondhervormingsbeleid nie toegepas word op ekonomies-aanvaarde beginsels nie, daardie grond wat ter sprake is, uit produksie gaan. Tussen 75 en 90% van die grondhervormingsprojekte het reeds misluk. Dit beteken daardie plase produseer nie meer voedsel vir die land se inwoners nie. Intussen word die inwoners in die land steeds meer, as gevolg van natuurlike aanwas aan die een kant, maar ook byna onbeheerste instroming vanuit die noorde aan die ander kant. Almal het kos nodig. Die monde wat gevoed moet word en wat kos op die tafel benodig word meer, maar die boere en ook beskikbare landbougrond word minder. Selfs iemand wat nie noodwendig wiskunde op laerskool geslaag het nie sal kan weet wat dit beteken: Voedselskaarste op die lang termyn.

1962683_10152823196414892_754978724552274121_n

So waarom dan hierdie brief van die TLU SA aan verbruikers?

Ons het mekaar nodig. Die verbruiker kan nie leef as die boer nie help dat daar elke dag kos op die tafel is nie. Die boer kan nie oorleef as die verbruiker nie sy produkte aankoop nie. Maar beide die boer en die verbruiker gaan nie kan oorleef as ideologiese agendas en inmenging daartoe gaan lei dat minder voedsel geproduseer gaan word, wat kan beteken dat voedsel skaars en/of onbetaalbaar duur word. Die Arabiese Lente het juis in Egipte oor hoë voedselpryse gegaan – daar was nog nie eens ‘n tekort aan voedsel nie.

Die Regering poog nou om deur sy ideologiese maatreëls ‘n “kleur” aan kos dit gee. Boere het nog altyd kos vir almal geproduseer, ongeag wie die verbruikers daarvan was. Behalwe kos se eie natuurlike kleur (groen boontjies, oranje wortels en rooi vleis) is kos kleurloos, en produsent en verbruiker moet gesamentlik verhoed dat die Regering dit rasgebaseer wil kleur. Ons het al gesien wat gebeur met Eskom, die Poskantoor, die SAL, die SA Polisiediens en andere wat op daardie basis voorskriftelik gekleur is. Ons kan nie toelaat dat dit met ons kos gebeur nie!

Beide die boer en die verbruiker gaan dit nie oorleef nie as gepeuter word met die getoetste en bewese beginsels van die vrye mark ekonomiese bestel. Een van die fondamente van die vryemarkstelsel is juis private besitreg, en onbelemmerde ondernemerskap, waardeur elkeen ongebonde seggenskap het in sy eie besigheid.

Ons het almal hard gewerk vir wat ons het. Die wat grond, huise, motors of geld gesteel het, is veilig toegesluit in die tronke. Ons hoef dus oor niks skaam te wees nie. Daarom mag ons ook dit wat ons het oppas en selfs die besitreg daarvan verdedig.

Daarom dat ‘n landbou-organisasie soos die TLU SA die verbruiker nooi om saam met die land se voedselprodusente hande te vat, op te staan vir sekere beginsels, en daardeur seker maak dat ons ook in die jare wat kom, elke dag kos op die tafel gaan hê. Die TLU SA gaan verder, en wil die verbruiker nooi om as gelyke vennoot hande te vat met die produsente en lid te word van die TLU SA. Op die webblad by www.tlu.co.za is volle besonderhede daaroor.

As die TLU SA dan sê: “Geen boer, geen kos, geen toekoms”, is dit die wens dat die verbruiker homself daarby wil insluit, tot wedersydse voordeel van almal van ons.

Dankie dat u as verbruiker steeds u lojaliteit betoon deur ons landbou-produsente se produkte te koop. Ons hoop dat elke dag op u bord ‘n feesmaal mag wees, met die komplimente van die kommersiële boer van Suid-Afrika!

Vriendelike groete,
Louis Meintjes, voorsitter, TLU SA.

1924912_990931794252190_8199551412472278552_n

Artikel 2

Jan Taks, Verslag oor Geheime Eenheid Lek uit

SAKE – Die minister van finansies en die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) moet in die parlement verslag kom doen oor hardnekkige bewerings van ’n “koverte ondersoekeenheid”.

Dié versoek is Sondag weer gerig nadat bevindinge van die ouditeursfirma KPMG se forensiese ondersoek oor so ’n eenheid die naweek uitgelek het. Intussen heers kommer oor die geloofwaardigheid van die verslag omdat mense betrek word wat glo nie genader is om bydraes te lewer nie. Die eenheid word onder meer betrek by beweerde onwettige tabakhandel van miljoene rande.

Tom Moyane, die SAID-kommissaris, het die KPMG-ondersoek aangevra ná bewerings van ongerymdhede waarby die eenheid betrek is. Tot dusver, twee ondersoeke later, is belastingbetalers steeds in die duister oor die bewerings, veral met betrekking tot die sogenaamde koverte eenheid wat die SAID se reputasie en beeld reeds skade berokken het.

Volgens Luther Lebelo, sal die SAID-leierskorps en die tesourie bepaal wat met die verslag gaan gebeur. Alf Lees, ’n DA-LP, het egter in ’n verklaring gesê hy gaan vra dat Nhlanhla Nene, minister van finansies, en Moyane voor einde aanstaande maand minstens twee dae lank deur LP’s uitgevra word oor die bewerings en of die eenheid inderdaad ontbind is.

Lees voer aan dat daar pogings is om die verslag geheim te hou of te sif, wat kan dui op pogings om hooggeplaaste kaders teen verdere ondersoek te beskerm.

City Press , het die naweek berig dat in die KPMG-verslag glo onder meer bevind is dat Pravin Gordhan, minister van samewerkende regering wat destyds eers kommissaris van die SAID was en daarna minister van finansies, rekenskap moet gee oor die eenheid – ook oor hoekom die geskorste adjunkkommissaris, Ivan Pillay, se dienskontrak in 2011 vroegtydig verleng is.

In die verslag word glo aanbeveel dat Pillay meer as R106 miljoen terugbetaal, die bedrag wat dit na bewering gekos het om die eenheid te skep. Pillay en Gordhan het egter kommer uitgespreek omdat hulle nie in die ondersoek vir insette genader is nie. Gordhan, wat vroeër ontken het dat die eenheid en sy projekte onwettig was, het by navraag gesê hy kan nie kommentaar lewer op ’n verslag wat nie vir kommentaar aan hom voorgelê is nie. Gordhan het benadruk dat hy nooit genader is om op enige aantygings (soos dié in die KPMG-verslag) te reageer nie – Afrikaanse Nuus

 

Artikel 3

Die ANC het “Spesiale soort Koloniste” geword

Die ANC se amptelike siening is dat witmense in Suid-Afrika “Koloniste van ‘n spesiale soort” was. Daarmee het hulle bedoel dat ons nie koloniste soos die Portugese en Engelse was wat weer na die moederland kon teruggaan nie, maar dat ons nietemin swartmense koloniseer het.

Oor hierdie siening kan ‘n mens baie redeneer, maar dis nie die doel van hierdie artikel nie. Die vraag is of die ANC nie geword het waarteen hulle geveg het nie, naamlik “Spesiale soort Koloniste” wat ander gemeenskappe oorheers?

Dis nie ‘n vreemde verskynsel dat die “bevryders” self oorheersers word nie. In talle Afrika kolonies het diegene wat teen die koloniale moondhede in opstand gekom het, na onafhanklikheid hulle politieke mag gebruik om die minderheidsgroepe te oorheers. Dit was dus ‘n swaai vanaf “eksterne kolonisme” na “interne” kolonisasie.

Die meerderheidsgroep het die politieke mag wat hulle vanweë hulle etniese- of rasse meerderheid gekry het, misbruik om minderheidsgroepe te verdruk. Hierdie verdrukking het talle vorme aangeneem, wat gewissel het vanaf “sagter” vorme van verdrukking soos uitsluiting van besluitneming oor sake wat hulle raak tot en met uiterste vorme soos uitdrywing of selfs uitwissing.

Demokrasie versus vryheid

Tussen hierdie twee pole het daar baie ander vorme van oorheersing voorgekom. Die Westerse aanname dat demokrasie tot vryheid sou lei is in die praktyk gewoonlik verkeerd bewys. Daarom het meerderheidsregering gou in die meeste Afrikastate oorgegaan na meerderheidsoorheersing. Die regerende groep het die staat gekaap om hulle mense werk te gee, om die belastinggeld vir hulle kiesers te gebruik, om ekonomiese voordele vir hulle groep te stem, of om minderhede se belange te benadeel.

In Suid-Afrika gebeur dit bv dat die ANC met hulle beleid van Transformasie aandring op “verteenwoordigendheid”- waarmee hulle bedoel dat alle instellings onder swart ANC beheer moet wees. Daarmee saam gebruik hulle hul meerderheidsmag om minderhede soos Afrikaners se instellings soos skole en universiteite oor te vat, ons taal uit te skuif en ons geskiedenis te kriminaliseer.

Politieke uitwissing

Die bekende Harvard Politieke Wetenskaplike, professor Sameul Huntington, het hierdie verskynsel treffend beskryf. Huntington voer aan dat terwyl nie-Westerse gemeenskappe ondergeskik aan hul Westerse heersers was, hulle Westerse waardes gebruik het om hul teenstand teen Westerse oorheersing te regverdig. Daarom het hulle aangedring op Westerse waardes soos politieke bevryding, demokrasie, menseregte en die verwerping van diskriminasie. Nadat hulle egter vryheid en politieke mag verkry het, het hulle nie gehuiwer om daardie selfde Westerse waardes, wat hulle gebruik het om mag te bekom, te verwerp nie.

Die rewolusie teen die Weste was eers geregverdig deur die gebruik van Westerse waardes as politieke “wapens” om bevryding te bewerkstellig. Nadat hulle dus demokraties aan die bewind gekom het, het hulle die demokrasie gaandeweg uitgehol en al meer outokraties opgetree. Staatshoofde het begin inmeng met die vryheid van die media, die howe, opposisiepartye, staatsinstellings soos die Openbare beskermer, en kultuurgroepe, en hulle nie gesteur aan die normale demokratiese wigte en teenwigte nie. Die demokratiese vorme en instellings soos die Parlement is behou, maar dit was eerder forums wat gebruik is om hul oorheersing te regverdig as wat dit ‘n uitstalvenster vir demokrasie was.

Die Amerikaanse staatsman Henry Kissinger het hierdie probleem raakgesien en goed opgesom: “In die Weste het demokrasie ontwikkel uit homogene samelewings. Daar was nie institusionele versperrings vir ‘n minderheid om ‘n meerderheid te word nie. In die Weste is verkiesingsneerlae gesien as ‘n tydelike terugslag wat weer omgekeer kan word. Maar in multi-etniese lande beteken minderheidstatus gereeld permanente diskriminasie en die risiko van politieke uitwissing.

Demokratiese oorheersing

Dit is interessant dat die ANC nie meer huiwer om sy doelwitte van rasse oorheersing te verberg nie. Hulle streef onbeskaamd na Transformasie in die vorm van demografiese verteenwoordigendheid, met die uitgesproke doel om elke “magshefboom” in die land te beheer- alles in die naam van demokrasie.

Die beste antwoord hierop is gegee deur die Belgies-Amerikaanse Politieke Wetenskaplike, Pierre Vanderberghe, oor die verskil tussen ‘n gewone en ‘n rasse demokrasie:

“If your constituency has the good fortune to contain a demographic majority, racism can easily be disguised as democracy. A racially-defined majority is a far cry of a majority made up of shifting coalitions of individuals on the basis of a commonality of beliefs and interests”

Selfstandigheid

Die ANC misbruik die demokrasie in Suid-Afrika deur oor elke aspek van minderhede se lewens te besluit, ongeag die gevolge vir ons grondliggende belange. Dit is nie demokratiese vryheid nie, maar meerderheidsoorheersing. In die  praktyk het hulle geword waarteen hulle geveg het: Spesiale soort Koloniste.

Daarom laat dit ons nie ‘n ander keuse as om met ons Beweging as moderne Helpmekaar beweging onsself vir groter selfstandigheid te beywer nie. Daarom is ons droom om ‘n toekoms te skep waarin ons ook blywend vry, veilig en voorspoedig kan wees.

Flip Buys

Hoe verstaan ek dit nou Flip, het selfbeskikking nou selfstandiheid geword ? –  dit is so ver van mekaar verwyder soos die Suid Pool van die Noord Pool

demoncracy1

Artikel 4

Terugslag vir Afrikaans by Maties

AfriForum Jeug het met kommer kennis geneem van die besluit van die Universiteit van Stellenbosch (US) se Raad – tydens hulle raadsvergadering van 28 September – om nie meer Afrikaans as onderrigtaal te beskerm in die amptelike taalbeleid van die universiteit en ander dokumente nie.

“Die feit dat die Raad die woord ‘beskerm’ verwyder, wys dat die Raad geen voorneme het om Afrikaans as onderrigtaal by die US te behou nie. Die Raad is dus direk aanspreeklik vir die wegval van Afrikaans by nog een van SA se universiteite,” het Eduan Dupper, woordvoerder van AfriForum Jeug, gesê.

“Dit is ongehoord dat die Raad gehoor gee aan die eise van ʼn radikale en rassistiese groepering soos Open Stellenbosch (OS) wat weier om met die universiteit te vergader en nie eers ʼn geregistreerde organisasie op kampus is nie,” het Dupper bygevoeg.

AfriForum Jeug is van mening dat die Raad hom nie moet laat voorsê deur groeperings sonder enige geloofwaardigheid en wat nie bereid is om die korrekte kanale te volg nie. Daar is talle ander organisasies wat gereeld insette lewer deur die regte prosedures te volg, maar dit blyk asof die Raad nie ag slaan op hulle menings nie, maar eerder reageer op diegene wat nie die prosedures volg nie.

AfriForum Jeug is ook van plan om ʼn skrywe aan die Raad te rig om onder meer uit te vind wat die redes vir die besluit is asook hoekom daar nog geen dissiplinêre stappe teen lede van OS geneem is wat klasse ontwrig het en ander studente van hulle klastyd ontneem het nie, terwyl daar vinnig teen raadslede opgetree word wat hulle vryheid van spraak gebruik om ideologieë soos transformasie te bevraagteken.

“Die Raad moet ook nie dink dat Open Stellenbosch die stem van die algemene student op Stellenbosch is nie en hulle verteenwoordig hoegenaamd nie die oorgrote meerderheid van studente op Stellenbosch nie. Hulle sal moet besluit wat belangriker is, hulle eie studente of studente van ander universiteite wat met busse aangery word?” het Dupper afgesluit.

Afrikaans is weereens die teiken van radikale transformasie. Dit is duidelik dat daar geen staanplek vir Afrikaans in ons sogenaamde “reënboognasie” is nie.

 

Artikel 5

Op een van ons streeksblaaie duik die vraag andermaal op: Waarom kan almal nie maar net saamwerk in een organisasie nie?

Ek aanvaar daar is ‘n paar nuwe vriende hier wat dalk die gesprek misgeloop het. Ek verduidelik graag weer.

Die een enkele groot kernvraag is: Wat wil ons vir die toekoms hê?

Front Nasionaal sê eenvoudig: Selfbeskikking. Ons verlang die vryheid om oor onsself te regeer en onsself te wees. Ons kan en mag dit vra want ons reg daartoe is verskans in die grondwet en die reglemente van die VN. Vryheid, voorspoed, selfbeskikking.

Die DA sê: Ons gaan voort met die beleid van die ANC, selfs met regstellende aksie en grondhervorming. Ons gaan net korrupsie probeer uitroei. Geen woord oor selfbeskikking nie. Ons kan nie daarmee saamgaan nie.

Solidariteit het ‘n Plan B, wat baie meriete het, maar niks meld van selfbeskikking nie. Uiteindelik bly die ANC en Zuma nog baas. Daarvoor is ons ook nie te vinde nie.

Die VF+ wil alle minderhede beskerm in ‘n veelrassige, multikulturele eenheidstaat. Ook geen woord oor vryheid en selfbeskikking vir ons volk nie. Dit is ook nie vir ons nie.

Wil ons vry wees of wil ons slawe van die swart meerderheid, net met verhoogde status, wees?

Waaroor moet ons dus saamwerk? Ons sal voluit saamwerk met enigeen en elkeen wat vryheid en selfbeskikking nastreef, maar ons gaan nie op daardie beginsel toegee nie – al staan ons ook vingeralleen.

Daniel Lötter
FNSA Inligting

Is jy lus om in ‘n Kommunistiese diktatuur te woon? Dan moet jy dalk ophou karring met pragmatiese politieke bewegings en jou gewig ingooi agter ‘n party wat hom beywer vir selfbeskikking, want ‘n Kommunistiese staat is ons voorland.

Die ANC het die afgelope naweek op sy buitengewone Wes-Kaapse kongres drie ingrypende besluite geneem wat ongetwyfeld afstuur op ‘n volslae Kommunistiese bewindsoorname. Hierdie drie besluite sal later vanjaar op die ANC se nasionale kongres dien en daarvandaan is dit een stap verder na wetgewing – wat ongetwyfeld deurgevoer sal voer, dit is immers 100% in lyn met EFF beleid. En ANC + EFF = tweederde meerderheid. En daar is niemand wat dit gekeer kan kry nie – minste van almal die DA met hulle 26% stem.

1) Daar sal weggedoen word met provinsiale regerings. Volgens die ANC moet daar ‘n baie sterker sentrale regering vir die eenheidstaat wees omdat “provinsiale grense mense net verder verdeel.” Dit is die mees deursigtige plan ooit om beheer oor die Wes-Kaap ook te kry – en dit is so eenvoudig dat dit dalk net gaan werk! Laat ‘n mens dink aan die dae toe die Sowjet Unie met ‘n ysterhand uit Moskou regeer is.
2) Die 50/50 plan waar presies die helfte van die land se landbougrond aan die plaaswerkers oorhandig sal word, moet ook deurgevoer word. Dit laat ‘n mens dink aan die kollektivisme van die ou Kommunistiese Sowjet Unie toe plase gewoon herverdeel is na mense wat geen benul gehad het oor wat om daarmee te doen nie. Die eindresultaat was ‘n volkslagting en ‘n hongersnood wat 30 miljoen lewens gekos het.
3) Suid-Afrika moet summier onttrek aan die Internasionale Geregshof omdat “slegs Afrika-leiers geteiken word.” Nouja, as Afrika-leiers sal ophou om krimineel op te tree, sal die hof ophou om hulle te teiken. Dus moet SA aan die Internasionale gemeenskap se regsreëls onttrek en ons poorte sluit – niks anders as die Ystergordyn wat toegetrek word oor Suidelike Afrika nie.

Is ons op pad na ‘n volskaalse Kommunistiese staat onder die ANC? Ongetwyfeld. En kan ons daarvan loskom? As ons nou optree en ophou speletjies speel met allerhande ander verspotte plannetjies.

Daniel Lötter
FNSA Inligting

 

Artikel 6

Daar is heelwat onsekerheid oor die term Onafhanklike Selfregering/ Eksterne Selfdeterminasie. By die Verenigde Nasies (VN) gaan dit daarom dat ‘n volk eerstens die wil moet toon tot afskeiding van die moederland (NSA), en tweedens die kwessie van grondgebied.

Alleenlik as die afskeidingsvolk (Volk) genoegsame stemme versamel het om aan die NSA en VN te toon dat die Volk wil afskei om hulle eie taal, kultuur, christelike godsdiens en vakansiedae te bedryf in ‘n eie land, en alle vreedsame gespreksroetes met die NSA uitgeput is, sal die VN aandag gee.

Een punt wat hoog by die VN le is die feit van volksmoord in enige vorm, soos byvoorbeeld 1) vertrapping/ miskenning van die Volk se taal, kultuur en godsdiensbeoefening op alle lewensterreine, 2) die verhindering van ‘n Volk om vir homself te sorg/ uitsluiting uit die groter ekonomie, 3) die stelselmatige uitwissing van die Volk, om net ‘n paar te noem.

Oor grondgebied is die VN vaag en kan dit geinterpreteer word dat daar waar die Volk ‘n meerderheid stem verenig tot afskeiding, kan daardie gebied behoort tot daardie Volk se gebied. Daarom is die ideaal om een groot grondgebied te he maar demografie van die huidige verspreide Volk gaan heelmoontlike grondbebiede daarstel wat deur ‘n sentrale hoofstad, of self-regering, of beide regeer sal word.

Om saam te vat:
1) Eers die saamstem en verkryging van die stem oor die saak van Onafhanklike Selfregering, dan
2) Die afbakening van grondgebiede soos die stemme daarvoor dikteer.

RIAAN NEL

 

Artikel 7

Ons verlede word ook gesteel

Dit moet darem werklik swaar wees om intellektueel so bankrot te wees dat jy ‘n ander se intellektuele eiendom moet steel sodat jy darem intelligent kan lyk.

Dít is die enigste verklaring waartoe ‘n mens kan kom as die nuutste stukkie diefstal wat die regering be-oog, nl: dat intellektuele eiendom mag nie meer vererf word nie, maar na jou dood moet dit na die staat gaan.

Wat ‘n verdere rykdom wag daar nie op hierdie klomp wat self nie in staat is om ‘n Westerse Kultuur te bou of in stand te hou nie.

Nêrens in die wêreld is iets soortgelyk nog ooit in wet beliggaam nie, dus sal hierdie ‘n eerste wees.

Miskien skuil iets anders agter die beoogde wet. Vir jare het die Wêreld Bank en die Internasionale Monetêre Fonds gekla dat dit nie help om geld in Afrika te steek nie, want niks kom tot stand nie.

Die enigste land wat geskitter het, was Suid-Afrika onder ‘n blanke regering wat tereg die pêrel van Afrika gedoop was.

En toe word die land op ‘n skinkbord weggegee; deur F.W. de Klerk se verraad en deur ‘n bevolking wat te lui geword het om self te dink; te gemaklik geword het met ‘n gesindheid van laat Godswater oor Godsakker loop.

Van al die slegte dinge wat gebeur het, is die ergste nie net dat as gevolg van hierdie verraad, die meeste nie meer ‘n toekoms in die land sien nie; ‘n toekoms kan jy altyd weer vir jouself skep, al is dit in die buiteland; die ergste is dat ons verlede van ons weggeneem word.

Van die begin af was ons gekoppel aan ‘n Christelike Westerse Kultuur, ‘n ligpunt hier aan die punt van donker Afrika. ‘n Ligpunt wat kuns, industrie en filosofie gebring het en altyd probeer het om almal in die land se lewens te verbeter.

Die ware van feite van hoe ons gebou en opgebou het, en ander gehelp het om hulle lewenstandaarde te verbeter en hulpmiddele, mediese dienste en opvoeding gegee het, word alles onder die mat ingevee.

Dít kon ons verwag, maar dat alles, van Olaf Andersen se “Laat my langs die heide wandel,” Eugene Marais se geskrifte, die Van Wyk Louw’s se nalatenskap nou in die hande van die regime moet val, is die grootste onreg nog.

Gaan dit nou alles toegedig word aan die terroriste-held Mandela se pogings? Gaan daardie werke ook ander name kry, soos ons stede, strate en plekname verander is?

Die EFF begin nou al skree dat die Kruger Nasionale Park, wat ingevolge ‘n wet die eerste natuurbewaringsgebied in die die wêreld was, se naam moet verander word. Gaan hulle alles net na swart name verander en dan voorhou  dat dít is hoe die swartes kan presteer as hulle nie so onderdruk was nie. Dis hulle wat die pêrel van Afrika tot stand gebring het.

En die werklike nagmerrie is dat as ons eie volk dit toegelaat het om te gebeur, hoekom sal die buitewêreld hierdie aansprake bevraagteken. – Vryburger

 

Volgende week gaan ons in diepte gesels oor Selfbeskikking sodat ek en almal wat nie weet hoe dit werk nie kan verstaan.

 

Picture1


 

Enjoyed this post? Share it!