Uitvoere van sitrusse begin nou moeilik raak, hoe gaan die Boere die probleem benader??

Die sitrusboere in die Sondagsrivier gebied het gedurende die huidige seisoen gesukkel met hulle uitvoer, en word weerspieël in die daling wat ondervind word.

Die nuutste gegewens en skatting toon dat die streek se uitvoer van sitrusvrugte slegs sowat 17 miljoen kartonne gaan wees.

Dit verteenwoordig ’n daling van bykans 25% teenoor die uitvoer van verlede jaar en voorspel niks belowend vir die bedryf nie.

In 2015 was die uitvoer meer as 22 miljoen kartonne, en was die verwagting dat die syfers ook vanjaar bereik kan word.

Die sitrusboere laat hulle egter nie maklik onderkry nie, en verwag dat die produksie sal styg om in 2021 die 27 miljoen kartonne verby te steek.

Die Sondagsriviervallei het 120 sitrusboere, waarvan net minder as die helfte sowat 85% van die opbrengs vir uitvoer produseer.

Die net meer as 17,000 hektaar wat tans onder sitrus verbouing is, kan nog tot ’n mate verder uitgebrei word, maar dit gaan gepaard met groot koste om stukke grond daarvoor gereed te maak.

Die koste om sitrus te produseer, beloop saam met die verpakking daarvan sowat R200,000 per hektaar en die bedryf bied werksgeleenthede vir duisende seisoenwerkers.


Enjoyed this post? Share it!