Universiteite moet Afrika instellings word

Militante EFF-studente aan die Universiteit van Pretoria (UP) het weer teruggeval op hulle afdreig taktiek om die universiteit in ‘n Afrika-instelling te verander.

Die nuutste dreigement om die Junie-eksamen te ontwrig is gemaak omdat hulle glo siek en sat vir Afrikaans is. Volgens die EFF moet Afrikaans en die Afrikaner-stelsel by die UP “val”.

Afrikaans word in die proses deur die party voorgestoot as die rede vir hulle ewigdurende ontevredenheid en daarvoor word die front, #AfrikaansMustFall, gebruik.

Aangesien die UP al te kenne gegee het dat daar onder hierdie swart militantes se druk geswig is deur Afrikaans ten gunste van Engels uit te rangeer, kan die taalbeleid bepaald nie werklik meer as ‘n verskoning gebruik word nie.

Die afskaffing van Afrikaans is bepaald ‘n bonus, maar dit handel veeleerder oor die politieke uitskakeling van ‘n Afrikaner-stelsel, oftewel blanke stelsel, en dit blyk duidelik uit die EFF se eise.

Enkele van hierdie eise is: Daar moet strenger ras- en geslagkwotas by alle fakulteite ingestel word;

Al die leerplanne moet “gedekolonialiseer” word. Dit sal aldus die EFF die deur ooplaat vir die ontwikkeling van leerinhoude soos Afrika-filosofie;

Daar moet meer swart studente as blanke studente in die koshuise toegelaat word; en

Alle kulturele gebruike en tradisies in daghuise en koshuise moet afgeskaf word. Dit is volgens die EFF hoofsaaklik Afrikaner-gebruike en dit verdruk swart mense.

Dit wil trouens voorkom asof die organisasie, Higher Education Transformation Network, dalk agter die skerms ‘n baie sterk hand het in die voortslepende amok op die verskeie universiteitskampusse in die land. – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!