Vakbonde mislei plaaswerkers

Vakbonde mislei plaaswerkers
Ceres-300x223

Plaaswerkers word aangemoedig om so op te tree dat die werksgeleenthede wat deur Ceres Fruit Growers (CFG) verleen word, alles vernietig moet word.
Sowat eenduisend betogers, geklee in rooi hemde het Ceres bestorm en die hoofstraat oorgeneem.

Talle betogers het uitgeskree dat hulle die CFG wil vernietig.

Ceres se hoofstraat was vir meer as ’n uur onbegaanbaar met betogers wat plakkate dra waarop aanspraak gemaak word op hoër lone, beter diensvoorwaardes, en ook eise oor grondhervorming.

Waarnemers sê dit is duidelik dat die betogers hoegenaamd nie ’n benul het van bekostigbare werk-voordele nie, en is aangehits deur vakbonde en politici wat nie ’n duit omgee of die werkers uiteindelik sonder inkomste sit nie.

Die bestuur van CFG het glo daarop gewys dat die aanvanklike ontevredenheid en daaropvolgende onderhandelings oor looneise gegaan het, maar later sommer verander het en nou is daar selfs ontevredenheid oor munisipale dienslewering.

Onderhandelings moet glo ’n nuwe tema bevat waarin minstens 70% van die blanke boere se grond oorgedra word aan die “gemeenskap”.

Die huidige plan om 30% oor te dra is onaanvaarbaar, sê ’n woordvoerder van ’n vakbond wat glo die aanhitser is.

’n Woordvoerder van die stakers het gesê hulle sal die onderneming op sy knieë dwing en dit sal nooit weer ’n winsgewende bedryf wees nie. – Die Vryburger

Enjoyed this post? Share it!