Vandalisme van Wes-Kaapse treindienste kos belastingbetaler miljoene

Nadat die Wes-Kaapse treindienste al tot stilstand gekom het as gevolg van vandalisme, het Metrorail ‘n multimiljoen rand plan aangekondig in ‘n desperate poging om hulle bates te beskerm.

‘n Muur van R68 miljoen gaan oor ‘n afstand van 20 km opgerig word naby Khayelitsha.

Dit is die koste wat betaal moet word omdat die falende staat geen wet en orde kan handhaaf nie, en dan is dit geen uitgemaakte saak dat dit sal werk nie. Op ander plekke waar betonmure opgebou is, is dit eenvoudig afgebreek of sodanig beskadig, dat dit geen mense keer om te beweeg waar hulle wil nie.

Daar het al oproepe opgeklink dat die ou Spoorwegpolisie heringestel moet word, maar skynbaar is daar geen politieke wil voor nie.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!