Varknoedels

Beproef hierdie vinnige maaltyd.

GENOEG VIR 4-6 MENSE
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 15 min.

300 g varkvleis, in repe gesny
2,5 ml (½ t) mieliemeelblom
2,5 ml (½ t) ligte sojasous
2,5 ml (½ t) donker sojasous
’n knippie suiker
45 ml (3 e) olie, verdeel
200 g sampioene, in dun skywe gesny
400 g noedels
’n hand vol babaspinasie

  1. Meng die varkvleis, mieliemeelblom, sojasouse en suiker. Sit 5 min. eenkant.
  2. Verhit 15 ml (1 e) olie in ’n pan oor ’n hoë temperatuur. Voeg die varkvleis by en roer tot bruin. Stel die temperatuur later, haal die varkvleis uit die pan en sit eenkant. Voeg die oorblywende olie in die pan en soteer die sampioene 2 min. Breek die noedels sagkens met jou hande op en voeg dit in die pan.
  3. Roerbraai alles saam tot die noedels ’n egalige, diepbruin kleur kry. Voeg nog sojasous by indien verkies. Voeg die spinasie by, meng met die noedels tot verlep en sit voor.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander

Huisgenoot April 1, 2016

Enjoyed this post? Share it!