Veldtog kos ANC meer as R1 miljard

Voorbereiding vir die plaaslike verkiesingstryd het glo die regerende party meer as R1 miljard gekos.

Volgens die hoof van die ANC se verkiesingsveldtog, Nomvula Mokonyane, het die party die geld spandeer op byeenkomste, om vrywilligers te betaal en om T-hemde te koop.

Insae oor vervoerkoste met vliegtuie, voertuie wat aangekoop is en ander groot uitgawes asook skenkings sal seker verklaar waarom daar net ‘n vae bedrag genoem word.

Meer as 10 ANC-kandidate is al in Natal doodgeskiet. Hierdie begrafnisse is waarskynlik ook goed bygewoon en op verskeie maniere ondersteun.

Die werklike bedrag wat uitgegee is, en hoeveel daarvan uit die belastingbetalers se sakke kom, is bepaald ‘n raaiskoot soos oor hoeveel dit Suid-Afrika werklik kos aan korrupsie indien net die volgende bereken sou word: die toekenning van sommige tenders op munisipale vlak, die verkoop van sekere munisipale eiendom, die wapentransaksie en Nkandla.

Foto – Verkiesingsplakkate word verbrand in Wes-Transvaal

Bron: Vrybuger


Enjoyed this post? Share it!