Verkeerslui van Limpopo werk aan hul kersbonus deur omkoopgeld te ontvang

Vakansiegangers wat op die paaie met verkeersbeamptes te doen kry, moet daarop voorbedag wees dat die verkeerslui skynbaar werk aan hulle eie kersbonus deur omkoopgeld te ontvang.

Alhoewel die probleem landwyd voorkom, wil dit voorkom of veral Limpopo se verkeersbeamptes daaraan skuldig is. Sover is 13 verkeersbeamptes reeds vir korrupsie en omkopery in hegtenis geneem terwyl hulle aan diens was.

Die Padverkeerbestuurskorporasie en die Valke het saamgewerk om die beamptes vas te trek. In die meeste gevalle het hulle omkoopgeld aanvaar in plaas daarvan om motoriste se veiligheid voorop te stel.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!