VERLAGING IN BRANDSTOF PRYSE IN DIE VOORUITSIG

VERLAGING IN BRANDSTOF PRYSE IN DIE VOORUITSIG.

Petrol
JOHANNESBURG – Tenspyte van ‘n swak rand het die AA – Automobiel Assosiasie van Suid Afrika aangekondig dat motoriste die goeie nuus sal ontvang wanneer ‘n verlaging in brandstofpryse aangekondig word vamiddag.
Die AA sê dat die laaste syfers toon dat ‘n verlaging van tussen 71 en 77 sent per liter te wagte kan wees. Diesel teen ‘n verlaging van tussen 50 – 53 sent en parafien teen 56 sent.
Die prys van Brent ru-olie het merkwaardig geval oor die laaste maand met ‘n surplus in die OPUL lande en ‘n verhoging in gas verskaffing.
Layton Beard van die AA het gesê dat brandstof pryse ‘n verdere verlaging te wagte kon gewees het indien die Rand sterk gebly het.
Die swak Rand het die motoriste duur gekos en sou met nog 25 sent kon geval het indien die Rand steeds so sterk soos in Julie vanjaar was.
Die verlaging van brandstof pryse is goeie nuus aangesien goedere goedkoper vervoer kan word.

Daar word gehoop dat die verlaging sal lei tot die verlaging in voedsel-en ander komoditeits pryse.

Die Rand het verhandel teen rekord vlakke teen die Pond en Dollar met die bekommernis dat dit die inflasie koers buite die teiken van tussen 3-6% sal stoot.
Vertaling van berig deur EWN
Foto: EWN.

Enjoyed this post? Share it!