Vermorsing van R20miljoen deur die Invoer van Kubaanse Water Kundiges

Die 35 Kubaanse ingenieurs wat deur die ANC-bestel se departement van water en sanitasie ingevoer is om as hidrologiese ingenieurs te werk, het die belastingbetaler bykans R20 miljoen uit die sak gejaag.

Benewens die feit dat hulle Engelse taallesse moet neem om darem verstaanbaar te kan kommunikeer, verstaan hulle blykbaar nog nie eens die metrieke stelsel nie.

Die Kubane werk hoofsaaklik as projekbestuurders en moet onder toesig van Suid-Afrikaanse ingenieurs werk.

Hulle groot salarisse (meer as R10 miljoen) en ander byvoordele soos verblyf, vervoer en ander “onkoste” (meer as R9 miljoen) het egter die opposisie genoop om die openbare beskermer (OB) te vra om ‘n ondersoek na hulle aanstelling te doen.

Die Kubane is in Februarie verlede jaar deur die minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane, ingevoer “omdat Suid-Afrika nie hidrologiese ingenieurs oplei nie”en “om die dreigende waterkrisis te help afweer”.

Hulle kontrakte met die ANC-regering verstryk blykbaar binnekort.

Bron: Vryburger


 

Enjoyed this post? Share it!