Verskil tussen DA en ANC word daagliks moeiliker om te onderskei

Die verskil tussen die DA en die ANC word daagliks kleiner en moeiliker om te onderskei, meen politieke ontleders.

Dit volg op die aankondiging van die Kaapstadse DA-beheerde stadsraad dat hulle ook gaan meedoen aan straatnaam veranderings om sogenaamde “struggle helde” te vereer in ‘n poging om die Afrikaner se geskiedenis en stempel te vernietig.

Die De Waalrylaan gaan voortaan die Philip Kgosanalaan heet. Hy was ‘n aktivis van die eens verbode PAC.

Sy groot heldedaad waarom die straat na hom vernoem gaan word, is omdat hy in 1960 30 000 optoggangers van Langa en Nyanga na Kaapstad gelei het.

Skynbaar is die besluit om die naamsverandering deur te voer eenparig deur al die raadslede aanvaar.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!