Vervulling van die waarskuwings teen die JA stem in die 1992 referendum


Ons het al voorheen oor die onderwerp gepraat maar vanaand lig ek dit uit met toesprake wat voor die JA / Nee stemmery in die 1992 referendum plaasgevind het sowel as klankbane van hoe die waarskuwings vervul is jeens die JA stem

Met die aanloop tot die ’94 oorname, het die NP regering verskeie beloftes gemaak. Ons het dit al vantevore genoem, maar kom ons plaas dit weer ter herbevestiging. Die vooruitskatting wat volgens die ingenieurs van die huidige bestel aan ons voorgehou is, was as volg:

  • Hulle het voorspel dat ons vandag ‘n veilige toekoms vir ons kinders sal hê.
  • ‘n Vreedsame naasbestaan en gelykwaardige geleenthede.
  • Ordentlike hervorming en redelikheid.
  • Die beskerming van groepsbelang deur eie besluitneming.
  • Die bevordering van gemeenskaplike belange deur samewerking.
  • Sterk en doelgerigte leierskap.
  • ‘n Eendragtige en weerbare Suid Afrika.
  • Ekonomiese, politieke en maatskaplike stabiliteit.
  • Die handhawing van ordelike regering en standaarde.
  • Veiligheid, vryheid en voorspoed deur geregtigheid.

 

Dit is wat die politici, akademici, kenners, slimkoppe vir ons belowe het 25 jaar gelede. Hulle was nie net onakkuraat nie, hulle was totaal en al verkeerd.

Kom ons luister na van die toesprake

Die beloftes en waarskuwings

  1. Klankbaan – ‘n nuwe Suid Afrika Deel1
  2. Klankbaan – Nuwe Suid-Afrika Oorgawe 2 van 2

Aan die anderkant in dieselfde tyd het die behoudende gemeenskap, ten spyte van hierdie slim geleerdes se propaganda en politieke spel, self begin uitwerk hoe die toekoms daarna uitsien indien ons die leisels aan ‘n kommunistiese en ongelowige gemeenskap sou oorhandig.

Teenstrydig met wat hulle ons wysgemaak het, het die behoudende gemeenskap gevoel dat die volgende toestande uiteindelik gaan heers:

  1. SA gaan net nog ‘n wanbestuurde Afrika staat word.
  2. Die hele spektrum van dienslewering gaan in duie stort.
  3. Die staatskas gaan geplunder word.
  4. Wit Suid-Afrikaners gaan orals verdruk en uitgedruk word.
  5. Wit Suid-Afrikaners gaan ontwapen word.
  6. Misdaad gaan die hoogte inskiet.
  7. Die ANC gaan net vir sy kaders sorg.
  8. Die Afrikaner kultuur gaan vernietig word.
  9. Persvryheid gaan ingeperk word.

Hierdie vooruitsigte wat die behoudende gemeenskap in 1992 (23 jaar gelede) gehad het, kon weereens geformuleer word deur net die teenoorgestelde van liberale beloftes te glo. Dit is so akkuraat dat dit lyk of dit vandag geskryf is.

Ons plaas ons lewens in die hande van ‘n skeepskaptein met die swakste moontlike “track record” ooit. Ons glo dag na dag die mense wat elke dag net meer verkeerd is, en aanhou om meer leuens op te dis.

Klankbane van die vervulling van die waarskuwings

  1. Debat oor rol en toekoms van Afrikaans
  2. Afrikaner heritage under attack says Hoffmeyer & Bridges
  3. Moenie ander standbeelde beskadig
  4. “Reverse Apartheid” South Africa’s White slums
  5. Poor white South Africans blame reverse discrimination
  6. South Africa to get tougher BEE laws
  7. Grond en Geskiedenis deur die bril van Pieter Mulder
  8. Solidariteit pak Eskom oor regstellende aksie
  9. Racist anti-white policies of the South Adrican ANC government
  10. Racism in South Africa Do Whites Have a Future
  11. Racist black students whipassult white students at
  12. Elsenburg agricultural
  13. Neotransformasie

 

Hierdie vooruitsigte wat die behoudende gemeenskap in 1992 (23 jaar gelede) gehad het, kon weereens voorwaar geformuleer word deur net die teenoorgestelde van liberale beloftes te glo. Dit is so akkuraat dat dit lyk of dit vandag geskryf is:

 

 

Ja stemmers

 


 

Enjoyed this post? Share it!