Video: Paul Kruger Standbeeld Brand! Redelikheid sal in Volksmoord Eindig! Word Onredelik Nou!

Asof dit ‘n verskil gaan maak, gaan Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, dié party se verteenwoordigers in Pretoria “vandag nog vra” om ’n beroep op die plaaslike owerheid te doen om die EFF te laat pa staan vir die skade wat tydens Woensdag se betogings in Pretoria aangerig is.

“Die eenvoudige waarheid is dat alle protesaksies in Suid-Afrika deesdae met geweld gepaardgaan en skade aan eiendom berokken. Dit is onaanvaarbaar,” het Mulder Donderdag gesê.

“Daar is ’n duidelike onderskeid tussen protes en misdaad en diegene wat vir sulke dade verantwoordelik is, moet gearresteer word, anders sal ons nooit uit dié kringloop kom nie.”

DAAR IS ’N DUIDELIKE ONDERSKEID TUSSEN PROTES EN MISDAAD.

Mulder het daarop gewys dat daar “meer as genoeg ooggetuies” en videomateriaal is wat wys dat ’n EFF-lid ’n brandbom na die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein gegooi het en dat EFF-lede sakeondernemings geplunder het.

Mulder het die gebrekkige polisieoptrede gekritiseer en het gesê die VF Plus wil die eienaars van sakeondernemings en organisasies wat skade aan hul eiendom gely het, aanmoedig om die EFF as politieke party aan te kla en verantwoordelik te hou.

Die party sal sy posisie as ’n lid van die koalisie-regering in Tshwane gebruik om te vra dat die plaaslike regering stappe doen om die EFF verantwoordbaar te hou.

“Dalk lewer dit ’n bydrae om protesaksies wat altyd met geweld gepaardgaan, stop te sit,” sê Mulder.

“Ons het in die verlede byvoorbeeld gevra dat die vakverbond Cosatu aanspreeklik gehou word vir skade wat sy lede tydens betogings aangerig het. Jy sal verbaas wees hoe vinnig sulke finansiële verlies ’n organisasie kan noodsaak om sy optrede te wysig en te sorg dat sy lede gedissiplineerd optree.

“Waar organisasies in die verlede weggekom het deur onbekende individue die skuld te gee vir skade wat aangerig is, is dit hier nie die geval nie.

“Dit is duidelik op videomateriaal sigbaar hoe ’n EFF-lid in sy rooi uniform ’n brandbom na die Kruger-standbeeld gooi en hoe winkels deur EFF-lede geplunder word. Wat dink jy sal van my word as ek ’n brandbom na ’n standbeeld van Nelson Mandela probeer gooi?

“Hierdie tipe optrede is totaal onaanvaarbaar en ons moet kyk na strafregtelike en siviele stappe om soortgelyke gedrag in die toekoms te voorkom.

“Tensy daar nie ernstige optrede van die regering en die polisie teen alle vorme van geweld tydens protesoptogte is nie, sal dit voortgaan asof dit die enigste manier van protes is.

“Geweld en skade tydens protesoptrede is misdadige gedrag en individue wat hulle daaraan skuldig maak, moet as misdadigers in hegtenis geneem en behandel word.”

boos


 

Enjoyed this post? Share it!