Vier idees vir braaidag

langebaan braai

langebaan braai

  • Vinnige voorbroodjies: Gebruik brooddeeg, rol bolletjies deeg plat uit en plaas ’n vulseltjie van brokkies fetakaas, basiliekruid, of sondroë tamatiepesto, gekapte olywe, en/of gemarineerde, gekapte tamaties op elke deegskyf. Rol toe, maak seker dat die vulsel goed bedek is. Rol die broodjies in meel, laat rys en braai dan oor matige kole tot gaar en dit hol klink as jy daarop klop. Sit voor saam met olyfolie.
  • Veeldoelige smeersous: heerlik oor steak en tjops: Meng 30 ml (2 e) dijonmosterd, 10 ml (2 t) sojasous en 10 ml (2 t) olyfolie saam.
  • Bakkieslaai by die braai: Pak vir elke gas ’n bakkie met gemengde slaaiblare. Sny pere of nektariens, wanneer in seisoen, in skyfies, rooster vinnig oor die kole en pak bo-op. Sprinkel feta-kaas of bloukaas oor en giet ’n mosterdslaaisous oor. Sprinkel geroosterde sonneblomsade oor.
  • Kaas vir poeding: Kook ‘n verskeidenheid heel glansvrugte (500 g in totaal) in 350 ml Van der Hum-likeur tot stroperig en sag. Mikrogolf ’n camembert of cambrieni 1-2 minute in die mikrogolf tot die binnekant lekker loperig is. Skep die glansvrugte oor die kaas en sit voor vir poeding.

Huisgenoot September 21, 2015

Enjoyed this post? Share it!