Vinnige Hoender Pastei

Vinnige Hoender Pastei

Hoender pastei
Bestandele:
3 groot hoender fillets
2 fyn gekapte uie
1/2 fyn gekapte groenpeper
Bietjie wit uie sop
Bietjie Chicken A’la King kits mengsel
350 ml melk/room
Sout & swart Peper na smaak
Olyf Olie
1 pakkie Uitrol Deeg

Aanwysings:
Braai uie, groenpeper en gesnipperde hoender in bietjie olyf olie. Sout en swart peper na smaak. (Ek het sommer bietjie Aromat ook oor gestrooi)
Meng melk/room met sop poeier en kits mengsel. Voeg by gebraaide bestandele en laat prut tot hoender lekker sag gaar is.
Rol deeg uit en deel in twee. Bedek bodem van oondvaste bak met een helfde lagie deeg. Vul op met hoender mengsel. Bedek hoender mengsel met ander helfde lagie deeg en druk vas met vurk langs die kante.
Bak op 180• vir ongeveer 25min of tot mooi bruin.

Enjoyed this post? Share it!