Viskoekies

Viskoekies

viskoekies

1 groot blik sardyne in tamatie of rissie sous
2 blikkies tuna, chunks ~ gedreineer
1 klein ui fyn opgekap
2 knoffeltoontjies gekneus en opgekap
halwe groen soetrissie fyn opgekap
2 eiers ~ liggies geklits
6 el koekmeel
1 tl bakpoeier
aromat na smaak
rooipeper na smaak
wit peper na smaak
knippie sout
500 ml kookolie

Verwyder die sardyne se graatjies en meng met tuna , druk liggies fyn.
Maak ‘n holte in die middel van die vis en voeg die res van die bestanddele by,  meng goed deur
Maak jou olie in ‘n diep kastrol of pan lekker matig warm
Skep eetlepels vol in die olie en braai paar minute, draai om en braai tot lekker goudbruin aan weerskante
Bedien warm saam kapokaartappels, of slaai en ‘n lekker doopsousie

Boerekos

Enjoyed this post? Share it!