Nog ‘n Volksmoord deur Staatshospitaal!

Vrou wag lank; sterf in operasie
Nagmerrie van 22 dae na ‘n ongeluk
‘n Bloemfonteinse ma (34) van twee jong kinders het ten tyde van ‘n operasie in die Pelonomi-hospitaal vermoedelik van ‘n bloedklont gesterf nadat sy 22 dae vir ‘n operasie moes wag nadat sy albei bene in ‘n motorfietsongeluk gebreek het.

Berdien Lee se bedroefde man, Richard (31), van ‘n hoewe in Meadowsweg, Lakeview, sê hy en hul twee seuns,
Edwin (11) en John (3), is verpletter nadat sy vrou Dinsdag skielik gesterf het.
Ons is net gebel om haar klere te kom haal omdat sy dood is. Die dokter het gesê dit was vermoedelik ‘n bloedklont
in die hart.
Hy sê die verskoning wat Pelonomi se personeel gegee het oor hoekom sy nie onmiddellik geopereer kon word na die
motorfietsongeluk op Maandag 31 Augustus nie, was dat daar nie ‘n teater was nie. Toe was daar nie ‘n narkotiseur nie; toe nie ‘n hoofsuster nie. Toe was daar probleme by die kliniek en later was Berdien glo verkeerd bespreek (vir ‘n saal waar sy ‘n operasie opgeneem kon word).
Lee vertel hy en sy skoonouers, Eben en Heleen van der Walt, wat op dieselfde hoewe bly, moes self sy vrou in die
hospitaal gaan versorg. Ek is elke dag hospitaal toe om haar te gaan bad en haar doeke om te ruil. Ons moes die bedpan onder haar instoot en uithaal en die beddegoed ruil.
Dieverpleegpersoneel het net gesê hulle is te besig.
Van der Walt sê verlede Woensdag was sy dogter deurgelê. Sy het daarop aangedring om huis toe te kom. My vrou het haar gaan haal. Maar toe hulle naby die huis was, het die hospitaal gebel om te sê sy moet dadelik terugkom anders stuur hulle die polisie. Ons het haar onmiddellik teruggeneem. Ons het hierop die dokter en hoofmatrone gaan spreek.
Ons het hulle vertel dat verpleegpersoneel haar aansê om self badkamer toe te loop, terwyl haar bene gebreek is. Die matrone het weer verduidelik daar is net een teater, net een narkotiseur.
Dinsdag is sy geopereer, en is sy dood. Lee sê ‘n nadoodse ondersoek word vandag (Vrydag) gehou. Hy sê die motorfietsongeluk het die Maandagoggend vroeg naby hul huis gebeur toe ‘n vragmotorbestuurder voor haar motorfiets ingeswaai en sy byna onder sy wiele beland het. Sy het skerp uitgeswaai en het teen ‘n aankomende bakkie gebots.
Tebogo Oepeng, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, het gesê hy sal vandag terugvoer op
navrae van Volksblad gee.

Volksblad


 

volksmoorde


 

Enjoyed this post? Share it!