VolksMoorde van blankes word toegesmeer deur bedrieglike doodsertifikate wat “natuurlike dood” sê wanneer dit moord was!

Moorde van Wit Suid-Afrikaners word toegesmeer deur bedrieglike doodsertifikate wat aandui dat dit ‘n natuurlike dood” was.

Al is die berigte in koerante ‘n paar jaar terug, glo ons die praktyk duur nogsteeds voort. Verskeie groepe vir die regte van die blankes van Suid-Afrika, het bewyse bekom dat moorde op Suid-Afrikaanse blankes toegesmeer word met die uitreiking van doodsertifikate wat aandui dat die persone aan “natuurlike oorsake” oorlede is. Ten minste drie sulke gevalle het al aan die lig gekom.

In ‘n wrede moord is ‘n motor-elektrisiën, Henry Locke (41), op 5 Oktober 2009 voor sy hele familie deur die hart geskiet. Daarna het die ANC-beheerde staat ‘n doodsertifikaat uitgereik wat verklaar dat hy aan “natuurlike oorsake” gesterf het .

Nadat die berig op 30 Oktober 2009 in die Johannesburgse dagblad, Beeld, verskyn het het Locke se vrou, Amanda Locke(43), haar skok daaroor uitgespreek en gesê: “Inteendeel hy is reg voor ons doodgeskiet.”

Die berig in Beeld lees:
In hart geskiet is ‘natuurlike oorsake’

Die doodsertifikaat van ’n motorelektrisiën wat sowat drie weke gelede voor sy gesin deur gewapende rowers in die hart doodgeskiet is, lui dat hy aan natuurlike oorsake dood is.
Toe mev. Amanda Locke (43) Vrydag hoor wat op haar man, mnr. Henry Locke (39), se doodsertifikaat staan, was sy onmiddellik kwaad.
“Hy is dan voor ons doodgeskiet, voor ons oë,” het mev. Locke gister aan Beeld gesê.
“Hulle het niks gesê nie. Hulle het hom net geskiet. Daar waar hy geskiet is, het hy geval en daar is hy dood.
“Hoe kan die moordsaak voortgaan as die doodsertifikaat sê hy is aan natuurlike oorsake dood?
“Dit is mos onmoontlik dat hy aan natuurlike oorsake dood is. Dit kan mos nie wees nie.”
Mnr. Locke is op 5 Oktober op die Elands-wildplaas naby Cullinan, noordoos van Pretoria, voor sy vrou, dogter, Mo-nique (13), en seun, Dawie (23), wat ’n kwadrupleeg is, deur rowers in die hart geskiet.
Volgens mev. Locke is daar aan haar gesê dat die koeël die punt van mnr. Locke se hart getref het wat ’n hartaanval veroorsaak het.
Mnr. Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die departement van binnelandse sake, het gesê hy is seker die inligting op die doodsertifikaat is verkeerd.
“Dit is ’n fout wat beslis reggestel sal word.
“Die departement vra verskoning vir die ongerief wat dit veroorsaak het,” het Mamoepa gesê.
Só lyk vermoorde se doodsertifikaat.

Mnr. Henry Locke

“Hulle het niks gesê nie. Hulle het hom net doodgeskiet. Daar waar hy geskiet is, het hy geval en gesterf.

“Hoe kan die moordsaak voortgaan as die doodsertifikaat meld dat hy aan “natuurlike oorsake” dood is?”

“Dit is onmoontlik dat hy kon gesterf het aan natuurlike oorsake. Dit kan eenvoudig nie wees nie. ”

Mnr Locke is op die Elands-wildplaas naby Cullinan (Noord-Oos van Pretoria) voor sy dogter Monique (13) en sy paraplegiese seun, Dawie (23) in die hart geskiet. Volgens Mev Locke, het die regeringsamptenare vir haar gesê dat die koeël wat haar man getref het, veroorsaak het dat hy ‘n hartaanval gehad het, daarom is die oorsaak van sy dood “natuurlik”.

Toe die Beeldverslaggewer Mnr Ronnie Mamoepa, die Woordvoerder van die Departement van Binnelandse Sake genader het vir kommentaar, het hy vir haar gesê het dat hy “seker is dat die inligting op die doodsertifikaat verkeerd was” en dat “die fout sal beslis reggestel sal word.” Tot op datum, is daar geen nuus van enige regstelling nie.

Na die publikasie van die verslag in Beeld, het ‘n ander geval aan die lig gekom. ‘n Vrou, onder die naam van “Elsabe” het op 30 Oktober 2009 die volgende in die briewe kolom geskryf.

Dié berig lees:
My man is ook vermoor, ook ’n ‘natuurlike’ rede

Elsabé van Centurion skryf:
In reaksie op die berig “In hart geskiet is ‘natuurlike oorsaak’ ” oor wyle mnr. Henry Locke wil ek graag noem dat my man op 14 Julie in die huis waar ons gewoon het op ’n kleinhoewe in Raslouw doodgeskiet is in wat vermoedelik ’n gewapende rooftog was.
Ook op sý doodsertifikaat staan dat hy aan “natuurlike oorsake” dood is.
Ek kry die indruk dat sulke “foute” met opset begaan word (om statistieke te verbloem?) of dis eenvoudig lakse amptenary.
In ’n vorige brief aan Beeld het ek geskryf dat die oortreding op die dossier oor my man se dood lui dat dit ’n “huisrooftog” was.
Die verslag oor die nadoodse ondersoek is ná drie maande nog steeds nie beskikbaar nie.
Sulke foute word in die media uitgewys, maar helaas – geen haan kraai daarna nie.
Ons moet besef: Ons is aan die elemente uitgelewer.

“Ek verwys na die verslag in verband met oorlede Mnr Henry Locke – ‘Is in die hart geskiet’ ‘n “natuurlike oorsaak?” en wil net noem dat my man op 14 Julie in die huis op ons kleinhoewe in die distrik Raslouw doodgeskiet is in wat vermoedelik ‘n gewapende roof was.”

“Sy doodsertifikaat het ook beweer dat hy aan “natuurlike oorsake” gesterf het. My indruk is dat hierdie ‘foute’ doelbewus gemaak word om (statistiek te vervals?) of bloot kan wees as gevolg van die aksies van lui amptenare.

“In ‘n vorige brief aan Beeld het ek gesê dat die misdaad teen my man op die polisiedossier weergegee word as ‘huishoudelike roof'”.

“Na drie maande is die verslag van die nadoodse ondersoek nog nie beskikbaar nie.”

“Sulke foute word aan die media uitgewys, maar helaas – daarna gebeur daar niks nie.”
.
“Ons moet seker maar besef dat ons aan die genade van die elemente oorgelaat is.”

‘n Derde geval het ‘n meer bisarre wending geneem toe ‘n man wat aanvanklik volgens alle aanduidings deur ‘n buffel gedood is, eintlik met ‘n mes doodgesteek was. Hierdie geval se berig het op 6 Oktober 2009 in Beeld verskyn.

Dié berig lees as volg:
2 rowers, nie buffel, steek man dood

Twee mans is gearresteer weens die moord op ’n Oos-Randse sakeman nadat aanvanklik vermoed is dat ’n buffel hom gegaffel het.

Daar is destyds vermoed mnr. Roy Munks (65) van Dunnottar naby Springs aan die Oos-Rand is deur ’n buffel op sy wildplaas in Hoedspruit aangeval en gegaffel.

’n Slagaar is beskadig en Munks het vermoedelik weens die skok ’n hartaanval gekry en gesterf.

Twee vermeende rowers het egter verlede week hul mond verby gepraat deur tydens ondervraging oor ’n huisbraak in Hoedspruit te erken dat hulle betrokke was by Munks se dood.

Die mans is van moord aangekla en word aangehou.

Hul name is nie verstrek nie.

’n Lykskouing het aanvanklik bepaal dat Munks doodgebloei het nadat hy deur ’n buffel gegaffel is. Die wonde aan sy lyk het glo ooreengestem met beserings wat die buffel se horings kon veroorsaak.

Die polisie glo egter nou dat Munks met messe gesteek is voordat sy aanvallers sy plaashuis wou beroof.

Hulle het glo gevlug toe Munks begin skreeu het.

Sy seun, Clive (36), was geskok toe die polisie hom inlig, het hy gister gesê.

Die twee bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning in Oktober.
– Gloria Edwards

Dit beteken dat drie soortgelyke gevalle BINNE ‘n MAAND in die media verskyn het.

Mnr Roy Munks (65) van Dunnottar naby Springs aan die Oos-Rand is in die nek gewond, sy slagaar was beskadig. Hy het klaarblyklik ‘n hartaanval gehad as gevolg van die skok van die buffelaanval.

Twee verdagtes is egter die vorige week ondervra en hulle het tydens hierdie ondervraging erken dat hulle medepligtig was aan Munks se dood. Die verdagtes, wie se name is deur die polisie weerhou was, is aangekla van moord en aangehou.

Die uitslae van die nadoodse ondersoek op Munks het bevind dat hy doodgebloei het nadat hy deur die buffel gegaffel is. Die wonde aan sy liggaam “was in ooreenstemming met wonde wat moontlik deur ‘n buffel se horings veroorsaak kon word.”. Die polisie is egter nou oortuig dat Munks met messe gesteek is omdat die aanvallers die plaashuis wou beroof.

Daar is nie oor een van hierdie gevalle in die Engelstalige media van Suid-Afrika berig nie ‘n Deeglike ondersoek na die name en datums het geen resultate opgelewer nie…

Ken U van nog voorbeelde? Laat ons weet asb. by onstel@volksmoorde.com

18424_951933574840000_8402432603765745956_n

volksmoorde


 

vplksadoption1

 

zumavoksmoord

 

 

Enjoyed this post? Share it!

 
  • Saffa Coza

    Stuur informasie oor volksmoorde hier…