Voormalige beampte vasgetrek oor vervalste permitte aan buitelanders

ʼn 34-jarige vrou is Vrydag deur die Valke se teenkorrupsie-eenheid vasgetrek vir die uitreiking van vervalste permitte.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê die vrou was ʼn voormalige beampte van die departement van binnelandse sake.

“Die verdagte van Kensington naby Kaapstad het glo in 2015 die departement se administratiewe stelsel gemanipuleer en permitte aan buitelanders uitgereik vir ʼn fooi van net meer as R10 000 per permit,” het Ramovha gesê.

Die verdagte sal 30 November in die Kaapstad-distrikshof voorkom op aanklagte van korrupsie en bedrog.

Deur: Maroela Media


Enjoyed this post? Share it!