Voormalige burgemeester van Buffalo-stad-metro word skuldig bevind aan bedrog en diefstal

Faku2-300x200

‘n Voormalige burgemeester van Buffalo-stad-metro, Zukisa Faku, is in die Oos-Londense landdroshof skuldig bevind op nege aanklagte van bedrog en diefstal. Daar is bevind dat Faku haar amptelike BCM-kredietkaart vir persoonlike aankope ter waarde van 14-duisend Rand gebruik het tydens ‘n sakebesoek aan Turkye en ook in Suid-Afrika, waar die onwettige transaksies terugdateer tot 2009. Sy is tans uit op borgtog en sal na verwagting op die 17devan volgende maand in die hof verskyn vir vonnisoplegging. – Koerant.

Enjoyed this post? Share it!