Voormalige Premier van Oos-Transvaal se toekoms lyk maar donker – kan dalk tronk toe

Dit wil voorkom of dit nie net die staatshoof, Jacob Zuma, is wat veg vir ‘n oorlewing buite die tronk na die politiek nie. Die premier in die voormalige Oos-Transvaal, David Mabuza, worstel met dieselfde lot.

Daar word beweer dat hy redelik onwettig ontslae raak van sogenaamde fluitjieblasers in die provinsie, wat onwettige handelinge soos diefstal, bedrog en korrupsie wil oopvlek. Verskeie van hulle is reeds aangeval. Mabuza word aan daardie aanvalle verbind, en sou hom selfs in die tronk kon laat beland.

Dit is skynbaar van die redes waarom hy soort van afgepers word om sy steun aan Nkosazana Dlamini-Zuma te gee as opvolger vir Jacob Zuma, terwyl dit die laaste tyd geblyk het dat hy eerder Ramaphosa sou wou steun.

Deur: Die Vryburger


 

Enjoyed this post? Share it!