Vrede-plaasaanval: Twee verdagtes steeds soek

Vrede-plaasaanval: Twee verdagtes steeds soek

crime scene

Vrede – Die polisie in die Vrystaat soek na twee gewapende mans in verband met die aanval op ‘n bejaarde egpaar op hul plaas by Vrede gistermiddag.
Polisiewoordvoerder, Maselela Langa sê Johannes Kritzinger is drie keer tussen die bors en maag geskiet, terwyl sy vrou Rita in die maag geskiet is.

Volgens hom is dit nog onduidelik hoe die aanvallers omstreeks 13:00 toegang tot die egpaar se huis op die plaas Brakdam verkry het.

Langa sê ‘n klag van poging tot moord word ondersoek. Volgens hom is dit nog onduidelik of die aanvallers iets in die huis gesteel het.

Die egpaar, wat in die Unie-hospitaal behandel word, kon nog nie inligting rakende die aanval aan die polisie verskaf nie. Die ondersoek duur voort.
Deur OFM 13 Julie 2015

Enjoyed this post? Share it!