Vrou dapper na aanval

Vrou dapper na aanval

In ‘n wrede aanval wat die hele gemeenskap geskok het, is ‘n weduwee van Harrismith in die Oos-Vrystaat, met ‘n mes gesteek, verkrag en met ‘n strykyster gebrand.
Allison Oates (58) van die plaas Oatesdale, sowat 4 km buite Harrismith, is by haar huis deur terroriste ingewag toe sy Sondag van ‘n vergadering in Bethlehem so tussen 16:00 en 17:00 teruggekom het.
Die terroriste het haar in die huis in gedwing en geld geëis. ­Oates het gesê sy het nie groot bedrae geld nie waarna die terroriste haar hande met kledingstukke agter haar rug vasgebind het.
Daarna het die terroriste haar verskeie kere met messe in die regterskouer, onder die knieë en rug gesteek. Hulle het haar ook met ’n warm strykyster op die bors gebrand. Sy is ook vermoedelik deur die twee terroriste verkrag.
Hulle het met geld en ’n selfoon in Oates se wit Mahindra-voertuig gevlug. Die bakkie is die volgende oggend vroeg in ‘n lokasie naby Harrismith gevind.
Oates wat met beeste boer en lid is van die Vrystaatse Landbou-unie het in die hospitaal gesê sy wil sou gou moontlik teruggaan plaas toe om na haar boerdery om te sien.
Oates het ’n belangrike bydrae gelewer om verlede jaar die erge brande in die Harrismith-streek te help blus terwyl sy ná die brande arm gemeenskappe wat al hul besittings verloor het, deur skenkings bygestaan het.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek klagte van verkragting, poging tot moord en huisroof.- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!