Vrou glo deur 5 mans op plaas vasgebind, beroof

Kuruman. – ’n Vrou is na bewering Dinsdagaand op die plaas Kalahari Rangers op Heuningvlei deur vyf mans vasgebind en beroof.

Die rowers het kluise oopforseer en ’n onbekende bedrag geld gevat.

Die vrou se bankkaart en PIN is glo ook gevat.

Die verdagtes is met die plaas se Ford Ranger-bakkie (registrasienommer CKL 563 NC) weg.

Die vrou het losgekom en hulp gaan soek.

Meer besonderhede volg binnekort.

Bron: Netwerk24


 

Enjoyed this post? Share it!