Vrou gooi aanvaller met kookwater

‘n Vrou van die woonbuurt, Fauna, in Bloemfontein het ‘n gewapende rower met kookwater gegooi toe hy haar in haar huis oorval het.

Hy het haar met ‘n mes gedreig en die stoeiery tussen hulle het sy hom met kookwater gegooi om haar te verdedig.

Die aanvaller het haar met ‘n mes in die gesig gesteek en later met haar selfoon, ‘n iPad, skootrekenaar en klere hom uit die voete gemaak.

Die vrou is intussen uit die hospitaal ontslaan.

 Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!