Vrou oorleef plaasaanval buite Bloemfontein

Plaashek2-300x225
Bloemfontein – ‘n Vrou het, in die vroeë oggendure van Kersdag, ‘n plaasaanval in Bloemspruit, buite Bloemfontein oorleef.
Vrystaatse polisiewoordvoerder, Ikobeng Hlubi, sê Surén Vorster het die huis op die gasteplaas, Akwêla, opgepas toe vier boewe die huis binnegekom en geld van haar geëis het. Nadat hulle haar aangerand het, kon sy daarin slaag om weg te kruip en hulp te ontbied.

Hlubi sê die verdagtes se bewegings is op videoband vasgelê.

Die rowers het op die vlug geslaan met ‘n selfoon en skootrekenaar.

Vorster het ‘n tand verloor en sy het kneusings aan haar gesig.

OFM

Enjoyed this post? Share it!