Vrou van 75 word aangeval en met pistool gedreig tydens plaas aanval

’n 75 Jarige vrou  van Kalkheuwel  is Sondagoggend omstreeks 08:00 oorrompel deur twee barbare op haar plaas toe sy haar honde buite gevoer het.

Volgens die slagoffer het een ’n baklava gedra terwyl die ander sy gesig net ’n doek bedek het.  Hulle het ’n pistool op haar gerig en binne die huis ingesleep en haar beveel om te gaan lê. Daarna het hulle haar hande met ’n tou vasgebind waarna hulle haar huis deursoek het vir waardevolle items.

Die slagoffer kon daarin slaag om haar hande los te wikkel, maar die rowers het dit agtergekom en haar hande en voete met elektriese koord vasgebind en ’n  kombers oor haar gegooi.  Na bewering het die aanvallers hulle soektog voortgesit en begin om die kaste in die huis uit te gooi.  Die vrou het aan hulle gevra of hulle geld wil hê en om in haar handsak te kyk. Hulle het haar van die sitkamer na die slaapkamer en badkamer gesleep.  Al haar bankkaarte was op die bed gegooi terwyl een van die skurke geld voor haar rondgeswaai het asof hy wou weet of dit al is wat sy het.  Volgens die slagoffer het sy probeer verduidelik dat daar nog kontant in ’n kassie is.  Een van die aanvallers het gedurende die gebeurtenis kort-kort die geweer se loop teen haar keel of kop gedruk en in  Engels gepraat.

Volgens die slagoffer het die booswigte nie in haar juwele, televisiestel of skoot rekenaar belang gestel nie, maar wou net geld hê.

Na die 2 mans hulle self uit die voete gemaak het, kon die slagoffer daarin slaag om haar hande en voete te bevry.  Sy het haar selfoon in die sitkamer gevind en dadelik hulp ontbied.  Die Muldersdrift polisie wat binne enkele oomblikke op die toneel.

Sy het kneusplekke opgedoen, maar geen ernstige beserings nie.

Die slagoffer doen ’n beroep op die gemeenskap dat indien enigeen wat dalk ou munte of note optel, of dalk te koop aangebied word, onmiddellik die Mulderdrift of Hartbeespoort polisie kontak.

Sy verklaar die volgende: “Dalk probeer hulle die note gebruik. Broederstroom en Kalkheuwel gaan tans swaar gebuk onder misdaad en die mense moet gevang word. Ons vrede word van ons ontneem.”


 

Enjoyed this post? Share it!