Vroue aangerand in aanvalle

crime-scene’n Vrou van Groblersdal is ernstig aangerand tydens ‘n gewapende rooftog toe drie aanvallers haar probeer versmoor het.

Hulle het Sonia Geyser (69 jaar) ingewag toe sy by haar huis stilgehou het, en het die vensters van haar voertuig met ‘n AK47 stukkend geslaan. Hulle het ook ‘n 9mm-pistool by hulle gehad.

Sy uit haar bakkie geruk en die huis ingesleep, waar hulle aanhoudend geld geëis het.

Die aanvallers het haar met ‘n plastieksak probeer versmoor, maar sy het verbete terugbaklei en kon daarin slaag om die sak stukkend te skeur. Geyser is in haar slaapkamer toegesluit, waar sy haar tweerigtingradio in hande gekry het om hulp mee te ontbied.

Die buurtwag het blitsig gereageer, maar die aanvallers het ontvlug.

Geyser is ook twee maande gelede beroof.

In nog ‘n voorval is ‘n bejaarde vrou in Nylstroom in haar huis aangerand toe drie mans en ‘n vrou hulle as voornemende huiskopers voorgedoen het.

Die 76-jarige vrou is van juwele, ‘n selfoon en geld beroof.

Bron- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!