Vroue verset hulle teen mesaanval

Mes huisgemoot

‘n Ma en ‘n dogter het ‘n mesaanval in ‘n Pretoria-reservaat oorleef nadat hulle hul verwoed teen hulle twee aanvallers verset het.

Die 25-jarige Taschia Slabbert en haar ma, Melissa (48 jaar) het spesiaal van Kempton Park vir die dag na die Groenkloof-reservaat deurgekom om natuurfoto’s te neem.

Die twee aanvallers, elkeen met ‘n mes bewapen, het egter die twee vroue agtervolg en hulle platgeduik. Melissa Slabbert is herhaaldelik in haar arms en kop gesteek, terwyl Taschia teruggeveg het omdat sy haar duur kameratoerusting nie net geredelik wou afstaan nie. Sy het ‘n snymerk aan haar keel, waar haar slagaar rakelings gemis is. 

Die aanvallers het selfs die vroue se skoene uitgepluk om sodoende te verhinder dat hulle maklik beweeg. Hulle het hierna die bosse ingevlug.

Fietsryers het die vroue se gille gehoor en hulle te hulp gesnel saam met ‘n veiligheidswag en ‘n metropolisielid, wat hulle in die parkeerterrein gekry het.

Een van die aanvallers en nog ‘n verdagte, wat vermoedelik in die bosse brandwag gehou het vir die twee misdadigers, is aangekeer.

Die Pretoriase metropolisie het intussen onderneem om die veiligheid in die reservaat te op te skerp aangesien dit die soveelste aanval aldaar was. Bron: Vryburger

Enjoyed this post? Share it!