Vrydag die dertiende is D-dag vir Zuma

Vandag, Vrydag 13 Oktober, is Jacob Zuma se D-dag wanneer die Appelhof uitspraak lewer in die aansoek om verlof om te appelleer deur Zuma en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Zuma het aansoek gedoen om ‘n hooggeregshof uitspraak, dat 783 bedrogklagtes weer ingestel moet word, ter syde gestel moet word. Daar is egter ter elfder ure deur Zuma erken dat die oorspronklike besluit om nie te vervolg nie, irrasioneel was.

Hy het egter gevra om nuwe voorleggings te maak aan die NVG voordat daar ‘n besluit geneem kan word om te vervolg al dan nie.

Regslui is dit eens dat vir tyd gespeel word. Shaun Abrahams, ‘n vertroueling van Zuma, sal dus moet besluit hoe en wanneer die hoofman aangekla gaan word.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!