WAAR DOEDOE DUDU? – Hoof Uitvoerende Beampte van SAL verdwyn soos naald in ‘n hooimied

Die Hoof Uitvoerende Beampte van SAL is weg! Poef! Koebaai!

Dudu Myeni is al die hele afgelope week so weg soos verlede maand se loon. Sy antwoord nie haar foon nie, reageer nie op boodskappe nie, lees nie eposse nie. Niemand kry haar opgespoor nie. En hoekom?

Want sy moet voor die einde van die maand vir Standard Chartered Bank, die Britse divisie van Standard Bank, ‘n lening van R2,3 biljoen terugbetaal. Die bank sê hulle gee nie langer uitstel nie, SAA moet nou begin betaal. Ekonome verwag dat talle ander skuldeisers hierdie week gaan begin soek na hulle geld.

En nou kruip Dudu weg. Sy het sedert April al 8 Raadsvergaderings, wat byeen geroep is om die geldkwessie te bespreek, gemis.

Die probleem is dat die staat borg gestaan het vir die lenings en waarskynlik nou uit belastingbetalersgeld sal moet opdok. Dit is waarom daar sprake is dat Zuma en Gigaba van plan is om die Staatspensioenfonds (GEPF) te plunder vir die geld. Want waar moet die staat dan geld vandaan kry, Suid-Afrika is dan tot net onder die neusgate in die skuld? Die opgawe van die land se skuld teen vanoggend slaan ‘n mens se asem weg. Dis ‘n bedrag wat Jacob Zuma in der ewigheid nie sal kan uitspreek nie, trouens, die bedenklik of daar veel mense is wat dit wel kan uitspreek!

Die SAA hoop om Standard Cahrtered Bank daarvan te oortuig dat hulle moet wag tot Oktober, wanneer Malusi Gigaba die geld iewers uit die staatskoffers sal krap.

Of Dudu tot dan gaan wegkruip sal ons moet sien.

Geskryf deur: Daniel Lötter FN


 

Enjoyed this post? Share it!