Wapen aankope was “skoon”

WapensIn ‘n poging om die 20-jaar-lange wapen aankope op te klaar het die Seriti Kommissie bevind dat die ooreenkoms “skoon” was , die wapens gebruik word en dat dit werk verskaf het aan meer as 11,916 mense.

Die vraag bly egter hang by politieke ontleders of die kommissie se bevindings korrek is en betroubaar is sonder enige inmenging.

‘n Magdom inligting is nie bekend gemaak aan die kommissie nie, veral op grond van die verskoning dat dit geklassifiseerde inligting was.

Die Duitse wapen vervaardiger Ferrostaal het gevind dat R300 miljoen aan “konsultante” betaal is.

Miljoene Rand is bestee om die kommissie te betaal vir werk wat deur kenners voorspel is al sou daar geen bedrog uitgelig word nie.

Minister Jeff Radebe het later gesê die Seriti-kommissie was nie ’n klugspel nie, terwyl politieke ontleders dit beskryf het as die duurste sirkus kaartjie wat ooit verkoop is.

Bron:. Vryburger

Enjoyed this post? Share it!