Wapens uit Bellville-Suid polisiekantoor gesteel

Verskeie vuurwapens, wat as bewysstukke in strafsake moet dien, het vermis geraak uit ‘n stoorkamer van die Bellville-Suid polisiestasie.

Die polisie ondersoek die verdwyning en ‘n moontlike verband word ook ondersoek met die oplewing van gewelddadige bendebedrywighede in die Wes-Kaap.

Skynbaar is soveel as 20 wapens weg, alhoewel die polisie nie die getal wil bevestig nie, maar net praat van “’n aantal” wapens wat vermis geraak het.

Die sogenaamde “Sexy Boys” bende is in die Belville-Suid omgewing bedrywig. Maandag was daar ook ‘n skietgeveg buite Bellville se landdroshof tussen kompeterende bendes.

Agt mense is die afgelope week in die Wes-Kaap dood aan die hand van bendegeweld.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!