WARE TRADISIONELE GEMMERBIER (met gemmerbier plantjie

Gemmerbier 1)
Hier volg ‘n resep vir die maak van gemmerbier op die traditionele manier:
Jy begin jou plantjie in ‘n een liter fles. Plaas 8 Sultanas/rosyntjies in die fles saam met die sap van twee suurlemoene, 1 teelepel gerasperde suurlemoenskil, 4 teelepels suiker, 2 teelepels varsgemaalde gemmer en twee koppies water. Roer en laat die mengsel staan in ‘n warm hoekie vir twee tot drie dae tot dit begin fermenteer. Sodra die plantjie begin “groei” moet jy dit elke dag “voer” met twee teelepels gemaalde gemmer en vier teelepels suiker vir ‘n periode van een week.
Om jou bier te brou gooi jy vier koppies kookwater oor vier koppies suiker en meng tot die suiker opgelos is.
Voeg drie liter koue water, die sap van vier suurlemoene en die “plantjie” by. Sif deeglik deur – gebruik dun doek. Draai die doek uit in ‘n bak en gebruik die vloeistof wat uit die doek kom vir jou volgende “plantjie”. Begin dit deur twee koppies water, twee teelepels gemaalde gemmer en vier teelepels suiker by te voeg. “Voer” die plant dan soos voorheen.
Bottel jou bier in dik glasbottels. Na drie dae sal dit gereed wees vir gebruik.
Geplaas in Diane’s Thoughts and Things 16 January 16, 2013

Enjoyed this post? Share it!