Was die wapen wat jy ingehandig het, rêrig vernietig? Doen aansoek vir nog een en vind uit…

Was die wapen wat jy gekul is om in te handig meer as ‘n dekade terug, rêrig vernietig? Doen aansoek vir ‘n nuwe een en vind sommer gou uit…

As jy jou wapen ingegee het vir vernietiging by SAPD- maak seker dit is wel vernietig! Dit kan nog op jou naam wees. Moet nie op die SAPD of die ANC regime staat maak om enige rekords ordentlik te behou of om enigiets vir jou te doen nie. Hou jou eie rekords en bewyse al strek dit meer as ‘n dekade. Die regering en staats departemente is NIE daar om jou te dien nie! (Al is hulle veronderstel om te wees).

‘n Wapen eienaar in die Noordwes het ‘n wapen in die vroeë 2000’s ingegee as deel van die amnesty, toe almal so geflous is om hul laaste verdediging af te staan.
Hy het nou in 2016 besluit om weer ‘n handwapen aan te skaf, en toe ontdek hy met ‘n skok dat die wapen wat hy opgegee het vir vernietiging by SAPD in 2000, nog steeds op sy naam is, en sy nuwe aansoek vir ‘n nuwe wapen word geweier, glo omdat jy nie twee handwapens mag besit nie.

Die SAPD kan nie sê wat gebeur het met die eerste wapen nie. Die wapen was glo in 2008 as vermis rapporteer en toe is dit gevind en toe weer vermis verklaar, alles terwyl die oorspronklike eienaar gedink het dit is jare terug vernietig!
Hulle stel glo ondersoek in maar sê die saak van die vermiste geweer is in 2008 afgehandel, wat dit ookal kan beteken.

Dit is ‘n knellende saak. Ongelukkig is dit so ver terug die wapen eienaar het geen papier werk oor, of bewyse dat hy dit wel ingegee het nie, hy het mos gedink dit is vernietig.

Die beampte by SAPD wapen afdeling het gesê dit is lank voor haar tyd – sy was nog op skool daai tyd, en wou nie help nie. Sy het net gesê hy gaan nie die ander pistool goedgekeur kry nie! Hulle het nou Sentraal vuurwapen register gekontak om meer inligting te probeer kry.

Terwyl hulle daar was het ‘n ou oom ook vertel dat hy wapen lisensies vir al sy wapens het, maar niks was aangeteken by SAPD dat hy wapens het nie! Dit is nadat hy aansoek gedoen het oor die nuwe wet op vuurwapens.

So, as jy wil weet of jou wapen wel vernietig is, gaan vra vir bewyse, of beter, doen aansoek vir ‘n nuwe een – jy hoef nie een te kry nie, doen net aansoek en sien wat sê die rekords. Alhoewel ons aanraai dat jy dit ernstig oorweeg om ‘n wapen aan te skaf.

Slegs ons kan onsself verdedig en slegs ons kan ons eie rekords en bewyse tot enige mate van vertroue behou…

Don Deon


 

Enjoyed this post? Share it!