Wat die nag beteken vir ‘n 18 jarige meisie in “demokratiese” Suid Afrika…

Snags, wanneer die boer se deur toegaan en die naggeluide se orkes begin speel, dans die dood vrolik saam op die bittersoet simfonie van tragedie. Ons vir jou Suid-Afrika.

Afstammeling van die land van Melk en Heuning, met sy immergroen bome en sy kleurvolle blomme begrawe die donkerste, dodelikste geheime. Sien, Suid-Afrika is mooi bedags, dis nou as jy universiteitskampusse vermy en enige paaie waar iemand jou kan doodskiet vir jou sonbril.
Suid-Afrika sing nog steeds haar verskillende tale as jy van die Voortrekkermonument af staan en kyk, en alles vreedsaam lyk.

Maar sodra ons bloedrooi son afskeid neem van ons mielielande en die leeus begin jag, kom die ware Jakob van SA uit. Jy sal begenadig wees as dit net ’n leeu buite jou huis is. Binne, agter die boer se deur is daar genoeg ammunisie om ’n weermag te onderhou. Agter die boer se deur staan ’n gelaaide geweer.

Buite die boer se deur staan hulle en beplan. Hulle beplan hoe hulle jou 13-jarige dogter gaan verkrag en dan haar keel afsny soos ’n bok.
Buite staan hulle en droom oor die boer se huis gevlek met sy eie bloed.
Buite staan hulle en beplan hoe hulle die boer se oë gaan uitsteek met die skroewedraaier waarmee hy sy vrou gehelp het vroeër in die kombuis.
Buite staan hulle en lag oor die boer se vrou wie se gille soos musiek in hulle ore gaan wees.
Buite staan hulle en begeer jou lewe.
Buite staan hulle en beplan hoe hulle jou seun in stukkies gaan sny terwyl sy hart klop.
Buite staan die hande wat die boer voer.
Buite staan Donker Afrika se kind.

Sien, Afrika is mooi met oogklappe aan wat ons “hoop” noem. Afrika se sonsak speel die snare van jou hart totdat jy een aand besef dis eintlik die teken van anargie. Afrika is ook net mooi wanneer jy in ’n estate bly en vir die bank werk.

Agter die boer se deur staan ons en kyk hoe Zuma ons land vernietig, die land waarvoor ons so hard geveg het.
Agter die boer se deur staan ons en aanvaar die bloed op die Donker Afrika-kind se hande.
Agter die boer se deur staan ons en sing met trots “ons vir jou, Suid-Afrika” terwyl ons een vir een stadig met ons eie rykdom vermoor word.

Afrika, o mooi Afrika. Met jou jakarandastrate en jou kulture. Vandag dra ek my Afrikaanse opstel aan jou op en al die boere wat daagliks vir hulle lewens baklei. Insluitend my pa wat jou so liefhet.

Aan jou wat dood op elke boer se voorkop geskryf het. Aan jou wat my dood beplan.

 

Die bostaande opstel is deur die 18-jarige Roelien Faber van Midstream College vir ʼn skoolopdrag geskryf.

Die tema “Die nag het oë” het Faber laat besluit om oor plaasmoorde te skryf. “Een van haar familielede is verlede jaar op ’n plaas vermoor, en sy het gesien hoe dit haar jong niggie en nefie aantas en dit was afskuwelik vir haar.

Sy het gesê: “Ek sien elke dag hoe boere vermoor word en niemand doen enigiets nie. Die regering smeer dit toe en skryf dit af as niks.
Ons self het ’n wildplaas en my ouers doen drastiese stappe om seker te maak ons is veilig wanneer ons die stad verlaat vir die plaas. My hele familie boer, en ek weet self dat as my pa se foon lui en dit is een van my neefs of niggies wat hom bel, word almal se bloed yskoud van vrees dat dit iets is wat op die plaas gebeur het.”

De La Rey


Sien ook: Die plaasmoordsyfer het vir die vyfde agtereenvolgende jaar gestyg


 

Enjoyed this post? Share it!