Wat hou die toekoms in vir De Lille, dit word die week besluit

Patricia de Lille het tyd tot Vrydag om redes te verskaf hoekom sy nie geskors moet word uit die DA nie.

Daar is intussen ook aangekondig dat ‘n spesiale raadsvergadering Vrydag gehou sal word wanneer ‘n verslag bespreek sal word van ‘n ondersoek na beweerde korrupsie binne die stad se administrasie. Hierdie vergadering se uitkoms kan ook De Lille se toekoms bepaal.

Syfers van tussen R36 en R43 miljoen word genoem rondom die beweerde korrupsie klagtes teen De Lille, Melissa Whitehead en Achmat Ebrahim.


Enjoyed this post? Share it!