Wat jy vooraf moet weet om ʼn boef in jou huis te kan skiet – Beskerm die wet die inbreker?

Jy word uit ʼn diep slaap wakker geruk deur jou dogter se bloedstollende gille. Jy gryp jou pistool en kruip suutjies gang af na haar kamer. Jy loer versigtig om die kosyn en sien ʼn man in ʼn balaklawa wat besig is om jou kind teen haar bed met ʼn tou vas te bind. Jou bloed kook en jy moet jou inhou om hom nie op die plek vrek te skiet nie. Maar jy wag.

Die man het intussen jou dogter se mond toegeplak. Sy is vreesbevange, maar dit lyk darem nie of hy haar seergemaak het nie. Hy draai om en mik vir die deur, heeltemal onbewus daarvan dat jy aan die ander kant van die muur sit.

Hiér is jou kans nou. Jou hart klop in jou ore as jy bewend die vuurwapen op hom rig. Hy het nie ʼn skietding in sy hand nie, maar jy weet nie of hy dalk ʼn vuurwapen of ʼn mes onder daardie groot swart jas wegsteek nie. Jy het oomblikke om ʼn besluit te neem. Die vraag hier is nie of jy die sneller sal trek nie, maar eerder of jy bereid is om tronk toe te gaan terwyl jý eintlik die slagoffer van ʼn huisbraak is.

As jy die man doodskiet, sal jy in ʼn hof moet bewys dat jy met dié daad jouself of jou gesin probeer beskerm het. Die hof sal bepaal of jy in daardie vreesaanjaende oomblik soos ʼn ‘redelike man’ opgetree het, met ander woorde, soos ʼn gewone, oplettende en bedagsame landsburger. Sou ʼn ‘redelike man’ onder soortgelyke omstandighede ook die inbreker geskiet het? Hierdie soort gevalle verskil natuurlik almal, en word in die hof op eie meriete geoordeel.

Dit is baie belangrik om te weet dat:

* Jy net mag skiet as ʼn aanval dreigend is. Die boef moes al die mes gelig het om jou seer te maak. As hy net daar staan met die mes in sy hand en jy skiet hom, of slaan hom met iets oor die kop met die doel om hom ernstig te beseer, sal jy in groot moeilikheid beland.
* Jy mag nie iemand leed aandoen as die aanval verby is nie. Dit wil sê, as jy en ʼn skelm gestruwel het, mag jy hom nie uit woede seermaak terwyl hy bewusteloos lê nie.
Die selfverdediging mag net gemik wees op die aanvaller en nié sy wapenlose makkers wat maar net rondstaan nie.
* Die verdedigingsaksie moet in verhouding wees met die omstandighede (eiendomswaarde en die instrument wat in die aanval gebruik word, is sleuteloorwegings).
* Jy kan nie ʼn niksvermoedende dief skiet met die uitgangspunt dat sou jy hom konfronteer, hy jou skade sou berokken nie.

In geval van ʼn huisroof, doen eerder die volgende:

* Maak soos die inbreker vra, veral as hy gewapen is.
* Moenie na jou handsak of waardevolle besittings gryp nie. Jy maak die skelm onnodig senuweeagtig. Hou jou hande stil en praat in ʼn kalm, nie-dreigende stemtoon.
* Memoriseer besonderhede van die rowers, soos hul klere en liggaamsbou. Het die inbreker dalk ʼn unieke tatoeëermerk of letsel?
* Dis makliker gesê as gedaan, veral as jy binne sekondes ʼn besluit moet neem, maar probeer sover moontlik verantwoordelik optree en skiet slegs as dit regtig nodig is.


Enjoyed this post? Share it!

 
  • Annette Mollentze Sartori

    Are you insane??? In other words let him kill, attack and rape you??? If someone enters your home with a weapon, he is not there to cuddle with you!!! Kill the damn monster!!!

  • thinus

    DIS HKM DIT SO GAAN IN DIE LAND DIE KRIMINEEL HET MEER REGTE AS DIE SLAGOFFER, SKIET OM DOOD TE SKIET DOOIE GETUIE IS BETER AS LEWENDE EEN

  • Sandra Zeelie

    Wat ban do vrou wat di aanvaller met n mes gesteek her wat haar dogter verkrag??… Die kriminele het meer regte as slagoffers. Ek sal nooit wag tot hy my aanval ni. Dis hy of ek. Een sal survive en as dit di aanvaller is, word hy ni gevang ni en is oppad na sy volgende slagoffer!! NO WAYS!!