Wat kan ons sê: ANC wil grondgrypprogram versnel

Die Grondwaardeerder–generaal wat deur die ANC regime aangestel is, het klaarblyklik in opdrag van die Zuma bewind begin kyk na die vrugbare grond van Verre Noord-Transvaal en Oos-Transvaal

Betroubare inligting wat aan Die Vryburger oorgedra is, dui daarop dat hy fokus op sowat vyf of ses “uitsoek” plase in Oos-Transvaal en minstens een plaas in Noord-Transvaal.

Dit wil lyk of die plase onteien gaan word omdat hulle eienaars vroeër geweier het om die waardeerder-eneraal se waardasie te aanvaar.

Die totaal van net meer as R57 miljoen vir die sewe spogplase was die waardeerder se aanbod, maar die eienaars het verseg om teen die lae pryse te verkoop.

Gerugte doen die rondte dat die regering nou besig is om dokumentasie gereed te maak om die plase te onteien.

Kenners wys daarop dat die onteiening van die plase die begin sal wees van ’n algehele oorname van landbougrond, wat voedselsekerheid uiters nadelig sal tref omdat kundigheid in die meeste gevalle ontbreek by die nuwe grondeienaars.

map - noord transvaal

map - oos transvaal.


Enjoyed this post? Share it!